17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.08.2010

Imison Namibia lei nuwe bou-era in


Konstruksiewerkers besig om die uitgedeide polistireenpanele van Imison Namibia aanmekaar te heg. Die panele word later met pleistersement bedek wat ’n baie sterk struktuur vorm.

NUWE tegnologie om geboue vinniger en meer ekonomies op te rig, is deur Imison Namibia bekend gestel.

Die gebruik van uitgedeide polistireen om geboue op te rig, is nie nuut in Namibië nie, maar die tegnologie wat Imison gebruik, is wel. Die maatskappy het die boumetode onlangs by die Namibiese Vervaardigersvereniging se seminaar met die Regering ten toon gestel en mnr. Dirk Mudge het aangedui dat hulle ’n vervaardigingsaanleg vir die polistireenpanele in Namibië beplan.

Die Minister van Werke en Vervoer, mnr. Errki Nghimtina, was tydens die seminaar baie beïndruk met die nuwe boumetode en wat alles met uitgedeide polistireen vermag kan word.

Om inwoners van Windhoek aan die boumetode bekend te stel, het die maatskappy ’n huis in die Greenwell Matongo-woonbuurt binne ’n week opgerig. Die tentoonstelling is met groot belangstelling deur verskillende boukontrakteurs en verskaffers van boumateriaal betrag.

Uitgedeide polistireen bestaan uit 95 persent lug. Die oorblywende vyf persent bestaan uit koolstof en waterstof. Die materiaal is uiters lig en bied merkwaardige waterdigtheid en isolasie in geboue en word oor die wêreld heen as ’n gevorderde alternatief vir bestaande konstruksiemetodes beskou.

Die polistireen word in panele vervaardig wat soos ’n legkaart in mekaar pas. Balke gemaak van ligte staal word deur die panele aan die fondament van ’n gebou geheg om die aanvanklike struktuur te versterk.

Hierna word ’n sterk gaasmateriaal van veselglas aan die paneelstruktuur geheg en pleistersement met ’n hoë digtheid en wat struktureel baie sterk is, bekend as Fibercote, word daarteen gespuit. Die sement en die gaasmateriaal bind chemies en op ’n meganiese wyse aan die polistireen wat die struktuur baie sterk maak.

Wanneer die Fibercote droog is, kan die mure gepleister word om dit die gladde voorkoms van ’n gewone huis te gee.

Die struktuur is oorsee getoets en is bestand teen orkane en tot drie meter sneeu se gewig kan op die dak van die gebou lê voor die struktuur beskadig word.

Die Imison boumetode is veel vinniger as enige ander metode wat vandag in die mark bestaan en is uiters geskik vir die oprigting van goedkoop behuising.

Die koste verbonde aan die oprigting van ’n woonhuis kan wissel van N$2 000 tot N$10 000 afhangende van die eienaar se behoeftes.

’n Ander voordeel is die feit dat spesiale projekte soos bykomende klaskamers of koshuisblokke by skole taamlik vinnig opgerig kan word, wat die boumetode uiters gewild onder liefdadigheidsorganisasies maak.

In Suid-Afrika is verskeie kleuterskole, klaskamers, huise en selfs klinieke al met die Imison tegnologie gebou en kon die geboue binne twee weke in gebruik geneem word.