17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

20.01.2012

Hoogste voertuigverkope vir Desember in 2011 behaal



VOERTUIGVERKOPE in Namibië het in Desember die hoogte ingeskiet met ’n totaal van 1 177 eenhede wat verkoop is.

Volgens ’n verslag van Simonis Storm is dit nog die meeste voertuie wat ooit in die land in Desember verkoop is.

“Desember het gewoonlik laer verkope vanweë die feit dat mense hul aankope tot die nuwe jaar uitstel.

“Hoewel die getal effens laer was as die hoogtepunt van November, was dit steeds 25% hoër op ’n jaar-op-jaargrondslag,” het ontleders in die verslag gesê.

Verkoopsyfers is veral aangedryf deur sterk verkope van ligte handelsvoertuie, wat die tweede hoogste getal verkope is sedert die ontledingreeks in 1997 begin het.

Volgens die ontleding het verkope van passasiersvoertuie tot ’n mindere mate tot totale verkope bygedra. Dit was 13,2% laer as in November, hoewel die jaar-op-jaar-groei 7,8% was.

Swaar handelsvoertuie het veel swakker gevaar, met net 24 eenhede wat in Desember verkoop is.

Die totaal van nuwe voertuie wat in 2011 verkoop is, het op 12 409 te staan gekom in vergelyking met 11 313 eenhede vir die vorige jaar – ’n styging van 9,7%.

Met 429 eenhede verkoop, het verkope van passasiesvoertuie gedaal onder die bewegende gemiddeld oor vier maande van 461.

November-verkope was 13,2% laer as in November 2010, maar steeds 7,8% hoër as in Desember 2010.

Verkope van passasiersvoertuie vir 2011 het 5 322 eenhede beloop – ’n styging van 10,7% teenoor die 4 807 eenhede wat in 2010 verkoop is. Volgens die verslag het die 12-maande kumulatiewe verkope van passasiersvoertuie aanhou styg, met ’n 0,6% maand-tot-maand-groei.

Volkswagen het klaarblyklik sy markaandeel in hierdie kategorie in Desember teruggewen, met 35% van alle nuwe passasiersvoertuie wat verkoop is.

Toyota het ’n daling in verkope tot 24% in Desember beleef. Vir die jaar 2011 het Volkswagen 29% van alle nuwe passasiersvoertuie, teenoor Toyota se 22% verkoop. Derde en vierde in hierdie kategorie vir 2011 was Chevrolet en Ford, met onderskeidelik 8% en 9% van die mark.

Kommersiële motorverkope het sterk vertoon met 748 eenhede wat in Desember verkoop is. Dit was basies onveranderd vanaf November, waar ’n 4% maandtot- maand-afname in Desember op die gemiddelde sedert 1997 bespeur is.

Jaarliks het kommersiële motorverkope met 38% in Desember gestyg.

Verkope van swaar handelsvoertuie, ekstra swaar handelsvoertuie en busse was effens teleurstellend, met net 24 eenhede verkoop in vergelyking met die vier-maande-gemiddeld van 57 eenhede.

Handelsvoertuie wat in 2011 verkoop is, het op altesaam 7 087 eenhede te staan gekom vergeleke met 6 506 eenhede in 2010.

Dit verteenwoordig ’n jaar-op-jaarstyging van 8,9% en is die eerste keer dat meer as 7 000 eenhede in ’n 12-maandetydperk verkoop is.

Toyota ervaar uitstekende verkope in die ligte kommersiële voertuigkategorie en kan daarop aanspraak maak dat die maatskappy 56% van die markaandeel vir Desember besit.

Vir 2011 in totaal het Toyota 49% van die mark, met Nissan in die tweede plek op 12%, gevolg deur Chevrolet en Isuzu elk met ’n 11% markaandeel vir die jaar.