|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Suiderland 15 MeiKollig 10 MeiDie Weer
|
30.08.2010 Herwinbare hulpbronne kry stukrag![]() Die Duitse senator verantwoordelik vir die omgewing, konstruksie, vervoer, Europese sake en ontwikkelingsamewerking, dr. Reinhard Loske (tweede van links) en sy afvaardiging het Namibië op uitnodiging van die Swapo-hoofsweep, prof. Peter Katjavivi (derde van regs) besoek en onder meer samesprekinge met die Speaker, mnr. Theo- Ben Gurirab (derde van links), gevoer.
HERWINBARE hulpbronne in die vorm van wind- en sonkrag is van die hoogste prioriteite vir beter samewerking tussen die staat van Bremen in Duitsland en Namibië.
Dit volg na die onlangse besoek van die Duitse senator verantwoordelik vir die omgewing, konstruksie, vervoer, Europese sake en ontwikkelingsamewerking, dr. Reinhard Loske, en sy afvaardiging aan Namibië op uitnodiging van die Swapo-hoofsweep, prof. Peter Katjavivi. Ruil- en opleidingsprogramme is op die agenda met kundiges uit Bremen wat Namibië sal besoek en Namibiërs wat opleiding by energievervaardigers in Duitsland sal ontvang, luidens ’n mediaverklaring van prof. Katjavivi. “Die fokus is op die potensiaal van winden sonkrag in Namibië en afhangende van die behoeftes van die land, sal tegnologie in die vorm van windkrageenhede beskikbaar word.” As een van die Bremen- verteenwoordigers in die Duitse Federale Bundesrat (senaat) en ’n invloedryke leier op die nasionale raad van die Duitse Groen Party, is bewaring ’n hoë prioriteit vir dr. Loske. Hy het gevolglik ook samesprekings met die adjunk permanente sekretaris van die Omgewing en Toerisme, me. Erika Akwenye, gehad. Tydens sy deelname aan ’n forum oor die gevolge van klimaatverandering by die Windhoek Auas Rotariërklub, asook ’n praatjie van die Habitat Navorsing Ontwikkelingsentrum, het dr. Loske ’n beroep op die burgemeester van Windhoek, mnr. Matheus Shikongo, gedoen om verhoudinge tussen die twee stede te versterk. Dr. Loske en sy kollegas het ook besoek by die Backyard Mechanics- slypskool by die Vrouesentrum in Katutura afgelê. Die projek word deur Bremen gefinansier en die stad sal ook die derde fase in 2011 finansier. Hy het in sy toespraak gefokus op die vermindering van besoedeling deur op die korrekte wyse van afvalolie ontslae te raak. Voorts het dr. Loske die Speaker, mnr. Theo- Ben Gurirab, ontmoet om interparlementêre verhoudinge tussen Namibië en Duitsland te versterk. Hul gesamentlike konsep is vriendskapsgroepe wat tussen parlementslede van beide lande gevorm moet word. Sulke groepe van parlementariërs bestaan reeds tussen Duitsland en die SADCstreek. Besoek is ook afgelê by die Okandjira-gemeenskap in die Ovitoto- streek en die Gekombineerde Skool K.J. Kapeua waar volhoubare ontwikkeling in samewerking met die bewaringsgebied en omliggende kommersiële plase aanbeveel is. Dr. Loske het N$5 000 aan die skool geskenk met internetkommunikasie en die opgradering van die biblioteek wat deel van toekomst ige samewerking vorm. Die skool is van voorneme om Duits as vreemde taal aan te bied. Ruilprogramme met Duitse assistentonderwysers en ’n tweelingskool in Bremen is ook deel van die toekomsplanne, luidens die verklaring. Dr. Loske en sy afvaardiging het as simboliese gebaar klippe by die Duitse oorlogbegraafplaas op Okandjira gepak om die slag van Okandjira in April 1904 te gedenk. |