17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

4.02.2010

Groot verkope vir M+Z Motors

MLN Transport BK, ’n onafhanklike vervoerkontrakteur, het onlangs 15 Freightliner Argosyvoorhakers in ontvangs geneem om hul sake regoor die subkontinent op hierdie manier te bedryf.

Die onderneming het die Freightliner- voorhakers met tussenposes op Oranjemund van M + Z Motors Commercial Vehicles in ontvangs geneem.

“MLN Transport BK se keuse om ons vragmotors te koop, is bewys daarvan dat hulle die produk as uiters mededingend en ekonomies op brandstof bevind het, wat die Argosy die voorkeur snelwegvragmotor maak,” volgens mnr. Wilfried Sell, afdelingsbestuurder van M+Z Motors.

Mnr. Titus Nakuumba van MLN Transport meen die Freightliner was hul eerste keuse vanuit ’n verskeidenheid vragmotors wat hulle oorweeg het om hul langafstand roetes te bedryf waarop van algemene vrag tot skrootmateriaal oor die hele suidelike Afrika vervoer word.

“Ons het ’n verskeidenheid van die Freightliner se kenmerke tesame met die van ander handelsvoertuie getoets en die Freightliner was ons keuse met betrekking tot prys, lae onderhoudskoste en brandstofbesparing.”

Volgens mnr. Nakuumba sal die 15 Freightliners geïnkorporeer word in hul langafstand vloot wat hoofsaaklik skrootmateriaal tussen die hoofsentrums van Suid Afrika en Namibië vervoer.

Mnr. Tati Kamule, ’n kenner van vragmotors by M+Z Motors, sê dat MLN Transport meer besorg was oor die Freightliner se beskikbare reeks enjins ten opsigte van kapasiteit en kraglewering, voor hulle op die vragmotors besluit het om hul vloot aan te dryf.

Me. Verena Grüttemeyer, handelaarshoof van M+Z Motors in Windhoek, vertrou dat die handelsvoertuigmark veerkragtig sal bly ten spyte van die globale ekonomiese afskaling en spesifiek die swaarvoertuigmark waar na alle waarskynlikheid ’n groter aanvraag in die myn- en voorsieningsektore sal wees.

“Ons Freightliner-handelaarsnetwerk is goed voorberei vir die moeilike uitdagings van 2010 en ek is vol selfvertroue dat ons reeks vragmotors die geleenthede sal skep om bo die heersende ekonomiese uitdagings uit te styg,” het me. Grüttemeyer afgesluit.