17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

7.09.2010

GIPF se geld is veilig, sê voorsitter Ruppel

© Republikein
Mnr. Hartmut Ruppel
DIE Staatsdienspensionfonds (GIPF) se bates het van N$10 miljard agt jaar gelede tot digby die N$40 miljard vanjaar gegroei. Net in die afgelope jaar het die fonds met byna N$10 miljard toegeneem.

Die voorsitter van die direksie van GIPF, mnr. Hartmut Ruppel, het ook die versekering gegee dat staatsamptenare se pensioene veilig is en dat nie ’n enkele sent van die pensioene gebruik is vir projekte waarin ingevolge die kapitaalontwikkelingportefeulje (DCP) van die pensioenfonds belê is nie.

Surplusgeld is hiervoor gebruik. In ’n verklaring deur die GIPF word gewys op die bepaling van die wet op pensioenfondse wat bepaal dat a minimum van 35 persent van fondse in Namibiese bates belê moet wees.

Die wet bepaal voorts dat ongeveer vyf persent van totale bates in beleggings moet wees wat nie op die aandelebeurs genoteer is nie. Die doel is om sosioëkonomiese ontwikkeling en bemagtiging deur die finansiering van ontwikkelingsprojekte te bevorder en om voorheen benadeelde Namibiërs by te staan om in die hoof ekonomiese stroom te kom.

In die verklaring word ook ontken dat net diegene met politieke verbintenisse voordeel uit beleggings van die DCP gekry het.

“Terwyl die proses wat gevolg is aanvaarbaar was, was die groot fout wat gemaak is deur die trustees om ’n kleinhandel benadering tot die DCP te aanvaar wat hulle genoop het om beleggingsbesluite te neem. Na dese is besef dat ’n groothandel benadering eerder deur die trustees aanvaar moes word wat sou beteken dat die trustees nie by beleggingsbesluite betrokke sou hoef te wees nie,” sê mnr. Ruppel.

“Die trustees kan sonder twyfel in vele opsigte gekritiseer word ten opsigte van die DCP, insluitende vir sekere bestuursbeginsels wat hulle aanvaar het. Wanneer dit egter duidelik geword het dat probleme opgeduik het, het hulle ingrypend en toepaslik opgetree,” het hy bygevoeg.

Voorbeelde hiervan was die moratorium wat in 2002 op nuwe projekte geplaas is en redelike pogings wat aangewend is om te verseker dat bestaande projekte nie heeltemal misluk nie deur verder finansiering beskikbaar te stel soos die geval met die volstruis- en druiweprojekte was.

In 2004 is begin met ’n verantwoordelike strategie om uit mislukte projekte te tree. Geen verdere uitbetaling van geld aan bestaande projekte is goedgekeur nie. Bestaande projekte sou waar toepaslik, op so ’n wyse van ontslae geraak word dat dit waar moontlik bestaande werkgeleenthede en die onderneming self se voortbestaan sou verseker.

Alles moontlik is ook gedoen om soveel as moontlik uit die opbrengs van beleggings te maak en die verliese tot die minimum te beperk. Volgens die verklaring het trustees nie gehuiwer om harde besluite te neem selfs wanneer dit sommige van hulle regstreeks geraak het nie. Trustees het ook hul volle samewerking gegee aan Namfisa wat ’n ondersoek na die fonds, met spesiale klem op die DCP, van stapel gestuur het.

’n Kriminele klag is ook teen die direkteure van een van die maatskappy, Namibia Chicken Investments, aanhangig gemaak na ’n forensiese oudit gedoen is. Die GIPF het ondertussen van die meeste van DCP se beleggings ontslae geraak en sal ook in die nabye toekoms van ander ontslae raak.

Hierbenewens is ’n nuwe beleggingsbeleid aanvaar wat ’n afsonderlike afdeling vir beleggings in ongenoteerde maatskappye insluit. Dit behels onder meer ’n groothandel benadering tot beleggings, die aanstelling van professionele private batebestuurders wat geld namens die GIPF so bestuur dat dit die beste moontlike beleggingsresultate sal oplewer.

Die trustees van GIPF sal in die toekoms glad nie by die besluitnemingsproses rakende beleggings betrokke wees nie. Batebestuurders sal aanspreeklik gehou word vir die prestasie van beleggings.

“Die trustees erken die sensitiwiteit van die DCP in die politieke en openbare arena. Dit is hul mening dat, al is foute gemaak, hulle altyd met integriteit in die beste belang van die GIPF opgetree het. Hulle is ook van mening dat die DCP-ondervinding meer positiewe as negatiewe resultate opgelewer het en dat die nuwe program wat nou gevolg word, welslae sal behaal.

“Daar sal voortgebou word op die positiewe en geleer word uit die negatiewe. Oorhoofs het die DCP welvaart vir die GIPF geskep en miskien meer belangrik, die fondamente gelê vir ’n private kapitaalbedryf in Namibië. Dit is belangrik vir die ontwikkeling van die ekonomie van die land,” lui die GIPF verklaring.