
Die staking van werkers van die staat se pensioenfonds, die GIPF, waarin gemoedere verskeie kere baie hoog gebrand het, het Maandagoggend tot ’n einde gekom toe die GIPF en die vakbond van finansiële instellings (Nafinu) ‘n skikking bereik het. Die staking het op 18 Junie begin. Die skikkingsooreenkoms is Dinsdag amptelik onderteken deur (v.l.n.r.) mnr. Evilastus Kaaronda [die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW)], me. Asnath Zamuee (sekretaris-generaal van Nafinu) en mnr. Primus Hango (uitvoerende beampte van GIPF). Beide vakbonde, Nafinu en NUNW, volstaan met hul eis dat die voorsitter van die GIPF, mnr. Hartmut Ruppel, onmiddellik ontslaan word.