|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Suiderland 15 MeiKollig 10 MeiDie Weer
|
25.01.2012 Gesoek: 600 miljoen werkgeleenthede![]()
DIE Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) het gister ’n pessimistiese verslag oor die węreldwye arbeidsmark vir 2012 vrygestel. Daarin word gesę dat dringende aandag geskenk moet word om binne die volgende tien jaar 600 miljoen nuwe werkgeleenthede te skep.
“Ten spyte van drastiese poging van regerings duur die werkloosheidskrisis onverpoosd voort met een uit elke drie werkers węreldwyd, of ’n geskatte 1,1 miljard mense, wat óf werkloos is óf in armoede leef,” het die direkteurgeneraal van die ILO, mnr. Juan Somavia in die verslag Global Employment Trends gesę. “Wat ons nodig het, is dat van werkskepping in die reëele ekonomie die nommer een prioriteit gemaak word. “Of ons van hierdie krisis herstel of nie, sal afhang van hoe doeltreffend regerings se beleid uiteindelik is,” het hy gesę. Volgens die verslag behoort regerings węreldwyd met mekaar te koördineer en daadwerklik op te tree “om vrees en onsekerheid wat private beleggings verhinder, te verminder sodat die private sektor weer die hoofenjin van węreldwye werkskepping kan word.”
’n Senior ekonoom van die ILO, mnr. Ekkehard Ernst, het op ’n mediakonferensie in Genčve gesę die herstel in die werkskrisis wat in 2009 in die węreldwye arbeidmark begin het, was van korte duur en dat ongeveer 29 miljoen minder mense tans in die arbeidsmark is as wat verwag sou word, gebaseer op neigings voordat die krisis ingetree het.
“Ons voorspelling het veel meer pessimisties as verlede jaar geword, met die moontlikheid van ’n ernstige afname in die groeikoers wat verwag word,” het hy gesę. Die verslag verwys na “ontmoedigde werkers” – diegene wat besluit het om op te hou werk soek omrede hulle reken hulle het geen kans om ’n werk te vind nie, en wat dus as ekonomies onaktief beskou word. “Indien hierdie ontmoedigde werkers as deel van werkloses getel word, sal die getal vanaf die huidige 197 miljoen tot 224 miljoen toeneem en sal die werkloosheidsyfer van 6% tot 6,9% styg,” het Ernst gesę. Jonger mense word steeds die swaarste deur die werkloosheidskrisis getref. “Te oordeel aan die huidige rigting waarin die krisis beweeg, bestaan min hoop vir ’n aansienlike verbetering in hul korttermyn werk vooruitsigte,” word in die verslag gesę. Volgens die ILO was 74,8 miljoen jeugdiges tussen die ouderdomme van 15 en 24 jaar in 2011 werkloos – ’n toename van meer as 4 miljoen sedert 2007 in die totale węreld arbeidsmark van 3,3 miljard. Węreldwyd is die kanse drie keer groter dat jong mense as volwassenes werkloos is. Die jeug se węreldwye werkloosheidsyfer het op 12,7% te staan gekom. Dit is een volle persentasiepunt hoër as voor die krisis begin het. Ernst en sy mede-ILO ekonoom Moazam Mahmood se aanbeveling is bykomende openbare besteding ten einde plaaslike en węreld ekonomieë te ondersteun. Die verslag waarsku verder dat buiten Asië, ontwikkelende streke agtergeraak het in arbeidsproduktiwiteit, wat die risiko van verdere ongelykhede in lewenstandaarde sal meebring en die vooruitsigte in die vermin dering van armoede kan beperk. Volgens die verslag is Namibië een van die lande in Afrika besuide die Sahara wat steeds nie behoorlik herstel teenoor voor die werkloosheidskrisis aangebreek het nie. “Ekonomiese groei van 3,6% in Namibië gedurende 2011 is ver onder die tendens van 5,2% voordat die krisis begin het. “Saam met Suid-Asië, is dit onwaarskynlik dat Afrika besuide die Sahara sy teiken in die vermindering van armoede sal haal. Met 38,1% van die werkende bevolking wat v i r US$1,25 per dag of minder werk, bly dit die streek waar die armoedevlak die hoogste is,” word in die verslag gesę. (Bykomende beriggewing deur Nampa/AFP) |