|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Suiderland 15 MeiKollig 10 MeiDie Weer
|
6.02.2012 Facebook raak ’n rivier van geld![]()
Facebook het vir die eerste keer sy finansiële kaarte op die tafel oopgegooi, en dit lyk goed. Dit was sy eerste tree na Wall Street, waar hy hoop om tot US$10 miljard te maak. Kenners meen die notering kan Facebook se waarde op US$100 miljard te staan bring en Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof, een van die rykste mense ter wêreld maak.
Ter voorbereiding van sy aanvanklike openbare aanbod en notering het die maatskappy in die afgelope week vir die eerste keer sy boeke vir die publiek oopgeslaan. Die belangrikste nuus is dat Facebook ’n reuse-inkomste het – verlede jaar was dit US$3,7 miljard, 88% meer as in die vorige jaar. Facebook se netto wins is sowat US$1 miljard, altesame 66% meer as in die vorige verslagtydperk. Verreweg die grootste deel van die inkomste is te danke aan die verkoop van advertensies, spesifiek geteikende advertensies. Maar nog ’n verrassing is dat Zynga, wat speletjies soos FarmVille vir Facebook geskep het, sowat 12% van die sosiale netwerk se inkomste danksy die verkoop van virtuele goedere uitmaak. Die plan is dat Zuckerberg 28,4% van die maatskappy besit, maar 50% van die stemreg het omdat sy aandele groter gewig sal dra. Gegrond op die prys van Facebook-aandele in verhandelinge op die sekondêre mark sal die 27-jarige Zuckerberg se aandeelhouding sowat US$22,7 miljard werd wees. Die moontlike waardasie van US$100 miljard het kenners ontsenu. Aangesien Facebook se wins US$1 miljard is, sal dit die prysverdienste-veelvoud op 100 te staan bring. Microsoft s’n is maar 11 en Google s’n 20. - Sake24 |