17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.02.2010

Erwe steeds op Omeya-gholflandgoed beskikbaar

© Republikein
André van der Walt
’n REUSE-AANBOD van erwe in landelike behuisingsontwikkelings in en om Windhoek het die koopbehoefte van beleggers nie gestuit nie. Meer as tweederdes van die erwe wat in die eerste fase van die Omeya Gholflandgoed-ontwikkeling suid van die hoofstad aangebied is, is reeds verkoop en nou word minstens nog 67 erwe per onderhandeling van die hand gesit.

Volgens een van die direkteure van Omeya, mnr. André van der Walt, het die suksesvolle veiling van erwe op 6 Februarie werklik die wiel aan die rol gesit vir Omeya en belangstellendes in die eerste fase behoort nou in te spring, omdat die erwe wat nie tydens die veiling verkoop is nie teen reserweprys beskikbaar is.

Drie eiendomsagente is ook reeds aangewys wat erwe verkoop en die belangstelling bly lewendig. Van die meer as 200 erwe wat in die eerste fase van die unieke ontwikkeling aangebied is, wissel die pryse van die oorblywende erwe tussen N$350 000 en N$2 599 000.

Die kleinste erf wat nog te koop is, is 547 vierkante meter groot en die grootste is 2 959 vierkante meter. Die N$350 00-erf verkoop teen sowat N$639 per vierkante meter en die ou grote teen N$878 per vierkante meter.

Dit is egter nie die kersie op die koek nie. ’n Goeie kyk na die terreinplan (elders in ’n Omeya-advertensie in dié uitgawe) spel dit duidelik uit dat die erwe relatief goedkoop is in vergelyking met soortgelyke ontwikkelings en dat die koopsom baie meer om die lyf het as ’n stukkie Afrika in die son.

Die 200 erwe in die eerste fase is geleë om die eerste nege putjies van die kampioenskapgholfbaan wat deur Peter Matkovich ontwikkel word.

Teen die tyd wat die dienste gelewer is en die titelaktes opgeneem kan word, moet die nege putjies, die klubhuis en aanvanklike ontwikkelings gedoen wees. Veral belangrik is dat ’n byna volmaakte veiligheidstelsel dan gereed sal wees.

Die volgende fase van die ontwikkeling sal uitloop wanneer ’n voor- en primêre skool staan, ’n Omeya-dorpie ’n werklikheid is, tennisbane en swembaddens gebou is, ’n hotelletjie met 20 beddens ingerig is, ’n klein kerkie op die terrein pryk en winkeltjies werk.

Rondom Omeya sal bewoners toegang hê tot perde en stalgeriewe by Out of Nature oorkant die hoofweg tussen Windhoek en Rehoboth, natuurritte en jaggeriewe op naburige plase, staproetes, motorfiets- en fietsroetes en veel meer.

Om te koop, bly maklik en die einde van die veiling vroeër vandeesmaand het nie die einde van die pret op Omeya beteken nie. Navrae by Ace Real Estates, Elna Esterhuizen Eiendomme en INTU Eiendomme bied antwoorde op al die vrae wat voornemende kopers mag hê. Dit is inderdaad so maklik soos om die terrein te besoek, ’n keuse te maak, ’n verkoopooreenkoms te onderteken en ’n deposito van N$10 000 te betaal.

’n Bankwaarborg moet dan binne dertig dae gelewer word en oordrag vind plaas wanneer die dienste volledig gelewer is. Die verwagte datum vir oordrag is Februarie aanstaande jaar. Dan kan bouers op die perseel toesak en Omeya se huise bou.

Besoek ook www.omeyagolf.com of skakel +264 61 400 848 vir meer besonderhede.