Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 2 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Videonuus


Landskapkuns

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

1.09.2010

Elisenheim se wiele rol


Grondwerk om dienste aan die eerste fase van die Elisenheim Leefstyldorpsontwikkeling te lewer, het reeds begin. Die eerste huise op die projek sal aan die begin van Maart aanstaande jaar gebou word.

EIENDENDOMSONTWIKKELING wat ’n nuwe leefstyl aan beleggers beloof, is besig om ’n tasbare werklikheid te word met die aanbring van dienste na die erwe op die Elisenheim Leefstyldorpsontwikkeling wat ’n aanvang geneem het.

Die verkope van erwe van die eerste fase van die gesogte ontwikkeling, het reeds die 80 persent merk verbygesteek en die vyf jaar lange droom van die ontwikkelaars is besig om gestalte te kry. Die lewering van dienste soos water, riool en elektrisiteit is noodsaaklik en is die eerste stap in die rigting om die bou van huise op die plaas net noord van Windhoek aan die gang te sit.

Die ontwikkelaars van die Elisenheim-ontwikkeling roem daarop dat die ongerepte natuur, voël- en wildlewe tot die unieke leefstyl gaan bydra. Volgens een van die ontwikkelaars, mnr. Vincent Sorensen, bied die ontwikkeling die perfekte leefwyse weg van die druk en die gejaagdheid van die stadslewe.

Hy sê dit is ook die perfekte belegging en ’n geleentheid om een van die mees gesogte adresse in die land te besit. Die ontwikkeling gaan met die verloop van die volgende 15 jaar heelwat verder uitgebrei word. Dit sal die eerste nuwe selfonderhoudende dorp in Namibië word. Die ontwikkelaars beplan selfs dat die ontwikkeling oor sy eie munisipaliteit met onafhanklike dienste en geriewe sal beskik.

“Die stedelike ontwikkeling gee aan die belegger die geleentheid om die toekoms te sien met skole, kerke en besighede wat vir die leefstyldorp beplan word. Die deel van die ontwikkeling gaan by die tweede fase van de projek bygewerk word.”

Die argitekte wat die projek beplan het, meen dat die fyn balans tussen stedelike ontwikkeling en die natuur behoue moet bly. Terselfderyd bied dit aan die belegger oop leefruimte. Volgens een van die argitekte, mnr. Piet Louw, word die biodiversiteit van die omgewing by die beplanning van die projek ingewerk en word sover moontlik gestreef om die integriteit van die natuur te bewaar.

“Ons beplanning maak van die maksimum benutting van groen ruimte gebruik. Ekologiese deurgange, paadjies vir voetgangersen fietsryers en staproetes in die natuursal die inwoners ’n kans gun om die omgewing so ongesteurd moontlik te beleef.”

Die ontwikkeling maak voorsiening vir verskillende tipes huise waarvan die argitektuur vooraf vasgestel is om die eenheid van die projek te weerspieël. Daarbenewens moet al die huise wat op die projek gebou word, van sonkrag gebruik maak om water te verwarm.

Veiligheid en beskerming van eiendom is ’n ander sleutelpunt waarom beplanning gedoen is. Toegang tot die eiendom sal streng beheer word, sekuriteitswagte sal elke uur van die dag deur die ontwikkeling patrolleer, kamaras sal ’n arendsoog op die eindom van beleggers hou en elke huis sal ook van ’n alarmstelsel voorsien word.

Die ontwikkelaars het aangedui dat die eerste woonhuise van fase een van die ontwikkeling aan die begin van Maart aanstaande jaar gebou sal word. Bouwerk aan die fase behoort na twee jaar voltooi te wees.