17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

6.09.2010

Ekonomiese opswaai baat Namdeb

DIE opswaai van die wêreldekonomie en markte vir luukshede wat stadig besig is om te herstel, het beteken dat Namibië se grootste diamantprodusent vir die eerste helfte van die jaar goeie winste kon aankondig.

Die besturende direkteur van Namdeb, me. Inge Zaamwani-Kamwi, het gesê die maatskappy kon in die eerste ses maande van die jaar daarin slaag om na belasting ‘n wins van N$259 miljoen aan te teken. In die vorige tydperk het Namdeb ‘n verlies van N$396 miljoen getoon terwyl die diamantprodusent N$460 miljoen aan belasting moes betaal. Volgens me. Zaamwani- Kamwi verteenwoordig die bedrag 64 persent van die wins voor dit belas is.

Die syfer is so hoog omdat Namdeb die staat N$289 miljoen in agterstallige belasting geskuld het.

“Ten spyte van die goeie herstel in aanvraag, bly die internasionale ekonomie steeds taamlik broos. Die stand van sake is veral in Namdeb se belangrike markte soos die VSA, Japan en Europa meer van toepassing as in die ontwikkelende markte.”

Me. Zaamwani-Kamwi sê as gevolg daarvan word die herstel met versigtige optimisme dopgehou en Namdeb vestig sy hoop op die ontwikkelende markte en ‘n toename in verbruikersvertroue in beborgskappestaande markte. Verkope van diamante in die eerste helfte van 2010 het N$1,839 miljard beloop. In dieselfde tydperk verlede jaar was die syfer N$1,508 miljard.

Die maatskappy kon, ten spyte van stroombelynings om diamantproduksie meer kostedoeltreffend te maak, daarin slaag om sy produksie te verdubbel. Verlede jaar is slegs 385 00 karaat ontgin terwyl die syfer in die eerste helfte van 2010 tot 795 000 gegroei het.

“In die geheel beskou, het die algemene werkverrigting van Namdeb in die eerste helfte van die jaar verbeter. Die doel is bereik deur produksie van diamante te vermeerder en ‘n voortdurende verbetering van die wyse waarop sake gedoen word.”

Volgens me. Zaamwani- Kamwi het herstel van die wêreldekonomie ‘n beter sake-omgewing vir Namdeb geskep waarin die maatskappy gaan konsentreer om bemagtiging, rekenpligtigheid, produksie en winsgewendheid te bevorder.