17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.03.2010

Dit was ’n taai jaar, sê Standard Bank


STANDARD Bank Namibia het ’n daling van 17 persent in genormaliseerde wesensverdienste – af tot R11,718 miljard –vir die jaar geëindig Desember 2009 aangekondig. Die groep het 13,6 persent met opbrengs behaal. Genormaliseerde wesensverdienste per aandeel met 20 persent tot 757c gedaal.

Die verdeling per gewone aandeel van 386c is op die vlak van 2008 gehou. “Dit was ’n baie harde jaar, maar een waarin ons fokus op ontwikkelende markte baie vir ons beteken het. Ons winsgewendheid bly gesond en ons sterk likiditeit en kapitaalposisie het ons in staat gestel om steeds te belê met die oog op groei,” het Standard se uitvoerende hoof, mnr. Jacko Maree (foto), gesê.

Die bank het sy hoop gevestig op ’n sterk ommekeer in ontluikende markte in ’n poging om 2008-verdienste te herwin. Die bank het bygevoeg dat ontluikende markte slegs “huiwerige” herstel in 2010 gaan toon. In kommentaar op die groep se jaarresultate, het mnr. Maree gesê die verdienste het met een vyfde gedaal.

“Die wêreldwye resessie van 2009 was die ergste sedert die Groot Depressie van die 1930’s. Handel het in die laaste kwartaal van 2008 en aan die begin van 2009 baie vinnig afgeneem.” Aandeelverdienste was R11,2 miljard, soos die mark verwag het. Standard Bank het in 2008 R14 miljard in verdienste aangeteken.

Vir die tydperk onder oorsig, het die verdienstebydrae van persoonlike en banksake met 19% tot R3,8 miljard verminder. Die dividend was onveranderd op 386c per aandeel. “Die herstel in 2010 gaan moontlik huiwerig wees en indiensneming en krediettoestande sal na verwagting onder druk bly,” het hy gesê.

“Dit is ook moontlik dat meeste van die groei in die wêreldekonomie van ontluikende markte, veral Asië, sal kom.” Nog ’n sleutelmark in Afrika gaan moontlik voordeel trek uit bande met ander ontwikkelende ekonomieë, het hy bygevoeg.

Mnr. Maree het gesê die kredietomgewing aan verbruikerskant het begin om tekens van herstel in laat 2009 te toon, maar hy het die inwerkingstelling van sommige stelsels rakende die Nasionale Kredietwet gekritiseer en gesê dit het ’n negatiewe uitwerking op die sektor gehad.

“Die wyse waarop hierdie proses in werking gestel is – met baie vertolkings van die wet wat nog duidelik gemaak moet word – het ’n verstopping in die stelsel veroorsaak. Dit het tot lang vertragings gelei. Banke was tydens die skuldberadingsproses nie in staat om betalingsvoorwaardes te herskeduleer nie.”

– Eie berig/Fin24/I-net Bridge