17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.02.2010

Diefstal groot probleem

DIE geldknyp waarin verbruikers hulle weens die resessie bevind het, het kleinhandelaars in Namibië se verliese weens diefstal die hoogte laat inskiet met sowat N$5,1 miljoen se goedere wat in die laaste drie maande van verlede jaar uit winkels gesteel is.

Van die twintig respondente wat aan IJG Securities se sake-opname onder kleinhandelaars deelgeneem het, het 78 persent – ongeveer 16 van die respondente – aangedui dat misdaad, veral diefstal, een van die grootste redes vir verliese in die sektor was.

Sommige kleinhandelaars is ook nie seker of hul eie werknemers by die verliese betrokke is nie. Diefstal word grootliks toegeskryf aan die moeilike ekonomiese omstandighede en die groot getalle kliënte wat gereeld sommige kleinhandeltakke besoek. ’n Gebrek aan opleiding en vaardighede, onvoldoende toegang tot finansiering, inflasie en die onsekerheid aangaande die land se makro-ekonomie is van die grootste uitdagings wat kleinhandelaars in die laaste kwartaal van 2009 in die gesig gestaar het.

Die opname is gedoen deur middel van onderhoude met 20 sakeleiers in die kleinhandel. Ten spyte van die verliese het 44 persent van die respondente aangedui dat 2009 se vierde kwartaal ’n groot verbetering op die vorige een was omdat verbruikers meer geld tydens die feesseisoen bestee. Boonop het 65 persent van die respondente groot beleggingsplanne vir die eerste kwartaal van 2010.

Aangesien nie een maatskappy in die vorige opname beleggings van enige aard aangedui het nie, word dit as ’n positiewe verwikkeling beskou. Die kleinhandelaars wat klere, kruideniersware en drank verkoop, het veral goed gevaar in die vierde kwartaal, terwyl kleinhandelaars in die skryfbehoefte- en farmaseutiese sektore slegter daaraan toe was as in die derde kwartaal.

Meer as die helfte van die respondente voorspel ook beter inkomste-insameling gedurende die eerste kwartaal van die nuwe jaar. Volgens die oorgrote meerderheid van die respondente beplan hulle nie enige aanstellings of afdankings gedurende die eerste kwartaal van 2010 nie.