
Die Namibiese Rooikruisvereniging het onlangs, danksy ‘n skenking van PricewaterhouseCoopers (PWC), N$10 000 ryker geword. PWC het op 1 Julie sy tiende bestaansjaar gevier en as gevolg daarvan die Rooikruisvereniging, onder die globale inisiatief onderneem deur PWC, te wete “The Power of 10”, met die skenking beloon. Volgens me. Patty Karuaihe-Martin, direkteur van belastingdienste by PWC, is die “The Power of 10”- inisiatief ‘n vennootskap wat PWC met die Verenigde Nasies (VN) gesluit het “wat ons die geleentheid bied om in die langtermyn ‘n groot impak te maak in die gebied van die wêreld wat dit die dringendste nodig het.” Me. Dorkas Kapembe-Haiduwa (links), sekretaris-generaal van die Namibiese Rooikruisvereniging, ontvang die vertoontjek van me. Karuaihe-Martin.