17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.02.2012

CRAN sal MTC-aansoek hersien

© Republikein
DIE Regulerende Owerheid vir die Kommunikasiebedryf (CRAN) sal MTC se aansoek om ’n spektrum- lisensie binne die kortste moontlike tyd hersien, na aanleiding van die bekendstelling van vierde geslag (4G) tegnologie in Namibië.

Toe MTC sy toetslopie vir 4G tegnologie verlede week in Windhoek aangekondig het, het Eerste Minister Nahas Angula ’n beroep op CRAN gedoen om ’n lisensie aan MTC toe te ken sodat 4G-tegnologie hier in werking gestel kan word.

“CRAN het nie die frekwensies vir MTC afgekeur nie, maar sal die aansoek so gou as moontlik hersien,” het CRAN se kommunikasiehoof, Lelanie Basson, gesê.

Basson het gesê CRAN het berigte ontvang van beweerde inmenging in die omgewing waar die proeflopie onderneem en gedemonstreer is, met frekwensies wat blykbaar aan ’n ander lisensiehouer toegeken is.

Sy het gesê CRAN is besig om die bewerings te ondersoek en die klagte beklemtoon dat ’n behoefte bestaan aan ’n frekwensie- oudit voordat lisensies uitgereik word.

“CRAN ignoreer nie MTC se belegging nie. Eintlik is CRAN ten volle ten gunste daarvan. Ons verwelkom die beleggings wat deur MTC gemaak is en ons moedig ander operateurs aan om ook die nuutste tegnologie vir Namibië te bekom,” het sy gesê.

Basson het gesê die owerheid is op die oomblik in ’n oorbruggingsfase en sal die frekwensie-spektrum nagaan, soos in opdrag van die Namibiese Kommunikasiekommissie (NaCC).

Sy het gesê die bestaande databasis is nie in die verlede akkuraat hersien nie, met bestaande rekords wat onvolledig is of glad nie bestaan nie. Die ouditproses behels die hersiening en verifiëring van bestaande rekords en toekennings.

“Om ’n frekwensie nou in hierdie fase toe te ken, sal bogenoemde situasie vererger en die proses is juis daar om die toepassings- en toekenningsproses te beveilig – ’n proses wat deursigtig moet wees ten opsigte van alle frekwensies waarvoor aansoek gedoen is,” het Basson gesê.

Sy het gesê dit is vir CRAN as regulerende liggaam noodsaaklik om te verseker dat ’n gelyke speelveld binne die telekommunikasiebedryf geskep word sodat vooroordeel nie teen toekomstige deelnemers bestaan nie of dat bestaande spelers nie bevoordeel word nie, veral in die lig van die historiese toekenning van frekwensies.

– Nampa