
City Centre, ‘n sakekompleks wat deur Tusk Investments in samewerking met Nedbank Namibia op Outapi in die Omusati-streek opgerig is, is deur die Minister van Presidensiële Aangeleenthede, dr. Albert Kawana, namens President Hifikepunye Pohamba amptelik geopen. Die kompleks, ter gedagtenis aan mnr. Kalie Ruben Shipanga en me. Eve- Maria Hamutwe-Shipanga, huisves onder meer Nedbank se eerste en enigste volledige spektrum-tak in die Omusati-streek, asook Old Mutual en verskeie ander ondernemings. Die foto wat tydens die openingseremonie geneem is, toon van links Nedbank se bemarking en kommunikasie- beampte, mnr. Pangwa Gabriel; die streekbestuurder vir die Noorde, mnr. Bertus Mathee; uitvoerende beampte vir kleinhandel- banksake, mnr. Mak Vivier, en bankbeamptes Homateni Angula en Lukas Jonas.