|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Suiderland 15 MeiKollig 10 MeiDie Weer
|
2.02.2012 Burger neem MultiChoice-leisels![]() MultiChoice Namibia het vandeesweek aangekondig dat hy vir die eerste keer in sy bestaan ’n Namibiër as hoofbestuurder aangestel het. Mnr. Marius Burger se aanstelling is sedert gister van krag. Burger, wat sy B.Com. aan die Universiteit van Potchefstroom (Noordwes Universiteit) verwerf het, het in Oktober 1997 as finansiële bestuurder by die maatskappy aangesluit. Hy neem by mnr. Kobus Bezuidenhout oor, wat ná nege jaar as hoofbestuurder deur Multichoice Africa in Ghana as streekdirekteur vir Wes- en Sentraal-Afrika aangestel is. |