17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

5.03.2010

BP-onttrekking: geen probleme voorsien

© Republikein
VRESE dat die onttrekking van British Petroleum (BP) sekere bedrywe soos burgerlugvaart tot stilstand kan bring en inkomste uit toerisme tot niet kan maak, is deur die bestuur van die maatskappy in Namibië besweer.

Volgens mnr. Hans Wiehahn, ’n direkteur van Namibia Commercial Aviation, is dit die eerste vraag wat aan die petroleummaatskappy gestel is toe die nuus oor BP se onttrekking uit Namibië en vyf ander lande in Suidelike Afrika Maandag aangekondig is.

“Die bestuur van BP Namibia het die versekering gegee dat die voorsiening van lugvaartbrandstof nie onderbreek sal word nie. Die maatskappy het ook onderneem om lugvaartbrandstof te voorsien tot tyd en wyl ’n nuwe diensverskaffer die taak kan oorneem.”

Afgesien van Namibië gaan die maatskappy ook sy werksaamhede in Malawi, Tanzanië, Zambië en Botswana teen die einde van die jaar staak. BP het ’n verklaring ten opsigte van die onttrekking uitgereik waarin mnr. Sipho Maseko, die hoof uitvoerende beampte vir BP in Afrika, sê die betrokke regerings is reeds van die verwikkeling ingelig.

Mnr. Maseko sê die maatskappy sal egter steeds sy verpligtinge tot die vasteland nakom en groei in ander markte bevorder. BP het sy bates en voorsieningsinfrastruktuur in Namibië asook in die ander lande waaruit dit onttrek, in die mark geplaas en wag nou vir nuwe diensverskaffers om die regte prys daarvoor aan te bied.

Die onttrekking uit die vyf lande beteken dat sowat 1 700 mense voor die einde van die jaar nie meer ’n vaste inkomste van die maatskappy sal verdien nie. Mnr. Maseko het gesê BP sal voortaan op sy operasies in Mosambiek en Angola fokus.