17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.02.2012

BoN sê oor beslagleggings


mnr. Ndangi Katoma

DIE Namibiese bankbedryf word ondersteun deur ’n baie gesonde, lae nie-presterende leningskoers van net ongeveer 1,8%. Die syfer dui daarop dat gemiddeld net 1,8% van handelsbanke se bategehalte, wat uit verbandlenings, huurkoopooreenkomste, persoonlike lenings, oortrokke rekenings en kredietkaartlenings bestaan, op wanbetaling uitloop.

So antwoord ’n woordvoerder van die Bank van Namibië (BoN), mnr. Ndangi Katoma , vandeesweek by navraag aan Republikein oor ’n data-ontleding van beslagleggings deur banke en hoe Jan Publiek dié ongewenste lot kan voorkom.

Volgens Katoma wys hierdie lae koers dat die Namibiese banksektor in ’n gesonde toestand is. Hy sê egter BoN neem nie ’n standpunt oor beslagleggings van wanbetalers se bates in nie. “Oor die algemeen is beslagleggings nie ’n gewenste praktyk nie aangesien dit ongerief kan veroorsaak en negatief inwerk op verbruikers wat geraak is.

Verder kan dit deur verskeie faktore soos byvoorbeeld die verbruiker se finansiële geletterdheid veroorsaak word,” sê Katoma. Hy beklemtoon dat kliënte soms nie oor die nodige kennis beskik om die regte spaar- of beleggingsprodukte te kies wat in hul behoeftes voldoen nie. “Indien individue wel finansieel geletterd is, is hulle meer geneig om te spaar, hul verpligtinge na te kom en banke uit te daag om produkte te ontwikkel wat werklik in hul behoeftes voldoen. Dit kan ’n positiewe uitwerking op die algehele ekonomiese groei hê,” sê hy. Katoma sê bankkliënte moet die gevolge ten volle verstaan voordat hulle leningsooreenkomste aangaan en dat mense nie meer moet leen as wat hulle kan bekostig nie.

As erkenning van die feit dat finansiële geletterdheid van kardinale belang is, sê Katoma opleiding onder verbruikers oor die aspek vorm deel van BoN se strategie vir die finansiële sektor. “Rolspelers in die finansiële sektor, insluitend die BoN, is dus daartoe verbind om gekoördineerde inisiatiewe oor finansiële geletterdheid in te stel om sulke probleme af te weer. “Aan die ander kant moet ook in gedagte gehou word dat beslaglegging op bates steeds die enigste manier is vir skuldeisers om dit wat aan hulle verskuldig is, terug te kry,” het Katoma gesê.