17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

27.08.2010

BoN hou repokoers vas

DIE wêreldekonomie wat stadig maar seker besig is om te herstel ná die verwoestende internasionale ekonomiese krisis, het die Bank of Namibia (BoN) laat besluit om die repokoers vir ’n vierde agtereenvolgende hersieningstydperk onveranderd te laat.

Die goewerneur van BoN, mnr. Ipumbu Shiimi, het tydens die aankondiging van die besluit van die monetêre beleidskomitee gesê die ekonomie toon steeds goeie tekens van herstel. Ten opsigte van die plaaslike en die wêreldekonomie het mnr. Shiimi bygevoeg dat die vertroue in die herstel besig is om toe te neem, daarom is besluit om die bank se prima uitleenkoers op sewe persent te hou.

“Die komitee het in sy besluit in ag geneem dat langtermyn inflasie steeds nie veel gestyg het nie.

“Gedurende Julie het die inflasiekoers effens gestyg weens die opwaartse neiging van voedselpryse. Die onlangse internasionale koringkrisis het waarskynlik die stygings gedryf. Die neiging het egter nog nie kommerwekkende afmetings aangeneem nie.”

Mnr. Shiimi het ten opsigte van mynboubedrywighede gesê die sektor van die Namibiese ekonomie het sedert Maart vanjaar weens ’n verhoging in uitvoere opwaartse groei getoon. Hy het ook genoem dat huishoudings op ’n toenemende wyse vir kredietgeriewe aansoek doen wat weer ander dele van die verbruikersmandjie stimuleer.

Hy het ook verwys na bouprojekte en motorhandelsyfers en gesê verbruikers het in die opsig weer hul vertroue in die mark geplaas deur kredietgeriewe vir die aankoop van nuwe voertuie aan te vra. Aan die begin van verlede jaar was die ekonomiese groei van die land op sowat 4% bereken, maar die syfer het drasties verander en ’n inkrimping van die ekonomie het beteken dat die syfer verlede jaar ’n negatiewe waarde gehad het.

Die waarde lyk volgens mnr. Shiimi in hierdie stadium heelwat beter. Mnr. Shiimi het gesê die Regering is steeds besig met die terugbetaling van buitelandse lenings. Daarbenewens het ’n afname in die inkomste wat die land uit die Sacu-ooreenkoms kry, veroorsaak dat Namibië se internasionale reserwe tans op sowat N$12,25 miljard staan.

Dit is ’n skerp afname sedert Julie verlede jaar toe die bedrag op N$14,13 miljard gestaan het. Mnr. Shiimi het na die toename in uitvoere van mynbou- en landbouproduksie verwys en gesê die verliese sal mekaar op die wyse kanselleer.

Volgens hom het handelsbanke ingeval by die voorskifte om die gaping tussen die repo- en die uitleenkoers te verlaag. Hy het genoem dat hy vol vertroue is dat handelsbanke aan die einde van Oktober vanjaar die gaping tussen hulle en BoN se uitleenkoerse tot op die voorgeskrewe vlakke sal bring.

BoN ring daarop aan dat die gaping nie meer as vier persent mag wees nie. Mnr. Shiimi het gesê Namibië sal voortgaan om internasionale en plaaslike ekonomiese neigings dop te hou voor die beleidskomitee in Oktober vanjaar weer ’n besluit oor die repokoers sal neem.