17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

6.02.2012

Belbesluit kan nog maande neem

’n VERGADERING van belanghebbendes by Telecom Namibia se voorgenome oorname van leo sal binnekort deur die Namibiese Mededingendheidskommissie (NaCC) belê word.

Finale uitsluitsel oor die lot van Namibië se tweede, finansieel sukkelende selfoonmaatskappy kan egter nog maande duur. Woensdag 25 Januarie was die laaste dag waarop betrokkenis geskrewe voorleggings oor die voorgenome transaksie aan die NaCC kon doen. Mnr. Vitalis Ndalikokule, assistentsekretaris van samesmeltinge en verkryging by NaCC, wou nie meer besonderhede verskaf as om te sê dat reaksie wel ontvang is nie.

“Ons het voorleggings ontvang en is besig om ’n konferensie van belanghebbendes te organiseer, wat moontlik in die week van 20 Februarie sal plaasvind.” Besware sal volgens Ndalikokule vooraf aan deelnemers gestuur word om hulle te help om teenargumente voor te berei. Die NaCC moet volgens wet binne 30 dae ná die vergadering sy oordeel vel (ongeveer die einde van Maart), maar kan ook ’n verdere 60 dae versoek om sy besluit af te handel.

“Ons het genoeg tyd om ’n besluit oor ’n ingewikkelde saak soos hierdie te neem,” het Ndalikokule gesê. Die sperdatum vir voorleggings aan die Regulerende Owerheid vir die Kommunikasiebedryf (CRAN) is 14 Februarie. Volgens wet het die aansoeker hierop ’n verdere 14 dae om skriftelik op enige besware en kommentaar te reageer, het me. Lelanie Basson, CRAN se hoof vir kommunikasie en eksterne verhoudinge, verduidelik. Ná 28 Februarie kan CRAN se raad enige aansoeke en skriftelike of mondelinge voorleggings aan CRAN onder oorweging neem. Die instelling kan die aansoek toestaan of verwerp.

Daar is 60 dae om die besluit te neem, wat die kalender tot by die einde van April kan omblaai. CRAN kan ook langer neem met sy beredenering van die saak, solank partye met goeie redes hiervan ingelig word. Hierop kan ’n bykomende 60 dae gevoeg word, wat die saak tot die einde van Junie kan rek. Net absoluut buitegewone omstandighede kan ’n beslissing nog langer vertraag.