17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.02.2010

Bank Windhoek open sy deure in Oshikango

© Republikein
Me. Suretha Damases oorhandig slaapsakke aan me. Eunice Heita en eerw. Paulus Heita van die Tutekula Children’s Organisation, terwyl goewerneur Usko Ngaamwa en mnr. James Hill, besturende direkteur van Bank Windhoek, toekyk.

BANK Windhoek het sy vlerke verder gesprei met ’n volwaardige tak wat verlede week op Oshikango in die Ohangwena-streek amptelik geopen is.

“Die opening van die tak op Oshikango is nog ’n mylpaal vir Namibië en vir Bank Windhoek,” het Bank Windhoek se besturende direkteur, mnr. James Hill, gesê. Hy het die bestuur en die personeel versoek om voort te gaan met die implementering van Bank Windhoek se leuse “Together we do better”.

Volgens hom het Bank Windhoek die afgelope 28 jaar sy netwerk van meer as 50 takke en agentskappe regoor Namibië gevestig met die doel om bekostigbare en toeganklike bankwese, nie net in Namibië se ekonomiese sentrums nie, maar ook in die platteland te voorsien.

Hy het Oshikango as ’n belangrike deurgang van goedere na die Angolese mark bestempel.

“Bank Windhoek se tak op Oshikango sal buitelandse valuta asook ’n wye spektrum van produkte voorsien wat die verskillende behoeftes van ons kliënte sal bevredig,” het hy gesê.

Streekgoewerneur Usko Nghaamwa het die opening van die tak verwelkom en die hoop uitgespreek dat dit die plaaslike ekonomie verder sal stimuleer.

Die tak wat in ’n handelkompleks in die hoofstraat geleë is, word deur sewe ervare en goed opgeleide bankamptenare beman.