|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Suiderland 15 MeiKollig 10 MeiDie Weer
|
19.08.2010 Amstel nou in Nam gebrou![]() Die bestuurspan van die nuwe Amstel Lager handelsnaam in Namibië, mnre. Anthony Goosen en Desmond van Jaarsveld, me. Ndapandula Esau en mnr. Jerry Elago. Die bierbrouer het aangekondig dat Amstel Lager weer voortaan in Namibië beskikbaar sal wees en in Windhoek gebrou gaan word.
DIE verwisseling van eienaarskap van verskeie reuse internasionale bierbrouers het toegesien dat heelwat gewilde handelsname van die Namibiese mark verdwyn het. Een so ’n handelsnaam was Amstel Lager, die bier wat tot taamlik onlangs in die stal van SABMiller was en gevolglik van die plaaslike mark onttrek is.
Die handelsnaam is egter sowat vyf jaar gelede deur Heineken uitgekoop en omdat die Namibië Brouerye (NBL) en die Nederlandse bierbrouer intussen ook ’n aandeletransaksie beklink het, word Heineken bier nou al ’n geruime tyd in Windhoek gebrou. Die twee bierbrouers het besluit om Amstel Lager ook plaaslik te brou. Tydens die bekendstelling van die NBL se plan om die handelsnaam in Windhoek te brou, het die besturende direkteur van die maatskappy, mnr. Desmond van Jaarsveld, gesê bier was die mees invloed ryke handelsname in Suid- Afrika. Hy het gesê die besluit is geneem om die Namibiese brouerye se portefeulje in die land en die streek te versterk. “Amstel sal in die internasionale mark van mees gesogte handelsname bemark word. Die bier sal as lager in bottels verpak word en ook in vate van 30 liter elk bemark word.” Mnr. Jerry Elago is as die senior handelsnaam bestuurder van Amstel aangestel en mnr. Van Jaarsveld het hom hiermee gelukgewens. Mnr. Van Jaarsveld het ook die bemarkingspan van Amstel alle voor-spoed met die uitbreiding van die handelsnaam in Namibië toegewens. |