17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

7.02.2012

Air Nam-vloot groei met bestelling van twee A319’s

Eko-doeltreffende Airbus-vliegtuie vervang 737-500’s

AIR Namibia het twee nuwe Airbus A319-vliegtuie vir sy streekroetes bestel. Die vliegtuie, met sitplek vir 112 passasiers in ’n tweeklas-uitleg, sal nuwe vlakke van gemak op roetes tussen Windhoek en ander stede in Afrika skep.

Air Namibia beskik reeds oor twee gehuurde A319’s wat op streekroetes, asook twee A340-300 vliegtuie vir die internasionale roete tussen Windhoek na Frankfurt, Duitsland as deel van sy vloot gebruik word.

Airbus-vliegtuie wat met ’n unieke kajuit en operasionele ooreenkomste toegerus is, bied lugrederye die kans om dieselfde poel van vlieëniers, kajuitbemanning en onderhoudingenieurs te gebruik. Die aspekte lei tot beduidende kostebesparings.

“Ons ondervinding met Airbus-vliegtuie het bevestig dat die A319 die ideale vliegtuig vir Air Namibia se plaaslike roetes is,” het me. Theo M. Namases, waarnemende uitvoerende hoof van Air Namibia gesê.

“Die doeltreffendheid van ons nuwe vliegtuie, saam met hul ooreenkomste met ons bestaande vloot, sal ’n sterk grondslag vir ons voortgesette groei en bydrae tot Namibiese toerisme lewer,” het Namases in ’n mediaverklaring gesê.

Die twee vliegtuie op bestelling sal Air Namibia se huidige Boeing 737-500’s vervang.

“Ons is verheug om Air Namibia as ’n nuwe kliënt vir die A320-familie te verwelkom,” het mnr. John Leahy, Airbus se hoof operasionele beampte, gesê. “Air Namibia se besluit om in nuwe A319’s te belê, is ’n groot pluimpie vir die doeltreffendheid van die vliegtuig en vir die Airbusmaatskappy,” het hy gesê.

Die A320-reeks, wat die A318, A319, A320 en A321 vliegtuie insluit, word wêreldwyd as die maatstaf van eko-doeltreffende enkelgang vliegtuie gereken.