17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

20.01.2012

Air Nam vir eers vry van koolstofbelasting


AIR Namibia sal nie in die afsienbare toekoms onderhewig wees aan die gewraakte koolstofbelasting nie, wat met ingang van 1 Januarie vanjaar ingestel is op lugrederye wat in die Europese Unie (EU) opstyg of land.

Volgens Air Namibia se hoof van korporatiewe kommunikasie, mnr. Paul Nakawa, is die nasionale lugredery tans van die belasting vrygeskeld.

“Ten einde vir die vryskelding te kwalifiseer, moet ’n lugredery bewys dat dit ’n kommersiële operateur is wat in ’n tydperk van vier maande (Jan-Apr, Mei-Aug en Sep-Desember) minder as 243 vlugte na die EU bedryf en minder as 10 000 ton se koolstofgasse vrylaat.

“Tans is Air Namibia se operasionele skedule na en van die EU minder as 243 en ons voldoen ook aan die ander kriteria. Ons is dus van die Emission Trade Scheme (ETS) vrygeskeld,” het Nakawa aan Republikein gesê.

Hierdie vryskelding kan egter van korte duur wees weens die feit dat Air Namibia beplan om vanaf 27 Maart 2012 die gereeldheid van sy vlugte na Frankfurt tot sewe vlugte per week te vermeerder.

“Dit kan dan veroorsaak dat die lugredery nie meer die maatstaf van vryskelding sal haal nie, aangesien dit daartoe sal lei dat die getal vlugte die drumpel van 243 vlugte elke vier kalendermaande oorskry,” het Nakawa gesê.

Hy sê dat hierdie verwikkelinge ’n noodwendige impak op Air Namibia se bedryfskoste sal hê. “Air Namibia sal moet begin om met koolstofvrystellings te verhandel net soos ander lugrederye wat onder dieselfde operasionele kategorie val wat nie vrygeskeld is nie.

“Ons is egter besig om met die onderskeie owerhede te skakel oor maniere wat van toepassing is vir monitering en verhandeling met die ETS, om sodoende akkurate data van Air Namibia se vlugbeweging ná die beplande toename in vlugte te bekom,” het Nakawa ten slotte gesê.