17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

18.08.2010

‘Ontwikkel land se eie vernuf’

© Ellanie Smit
Die besturende direkteur van Standard Bank Namibia, mnr. Mpumzi Pupuma (links), oorhandig die tjek van N$1,3 miljoen aan die Adjunkminister van Onderwys, dr. David Namwandi.

STANDARD Bank Namibia sal N$1,3 miljoen oor die volgende vyf jaar in sy Investing in Academic Excellence program belê om die akademiese prestasie van graad 10 en 12 leerlinge te verbeter. Tydens die bekendstelling van die projek het die Adjunkminister van Onderwys, dr. David Namwandi, klem gelê op die tekort aan vaardighede wat in die land ervaar word en die rol wat korporatiewe instellings kan speel om die probleem aan te pak. Korporatiewe instellings wat voortdurend kla oor die tekort aan vaardighede in die land, moet ophou om die blaamspel te speel, het dr. Namwandi gesê.

“Wie moet hierdie vaardighede in die gemeenskap voorsien? Die Regering kan dit nie alleen doen nie en ons kan nie altyd van die kundigheid van buitelanders afhanklik wees nie.”

Voorts sê hy dat maatskappye graag wil hê dat die Ministerie van Binnelandse Sake en Immigrasie vinniger moet werk om kundigheid van ander lande die land in te bring, maar korporatiewe instellings moet eerder die Regering help om vaardighede binne die land te ontwikkel. Die tyd is verby om net oor die onderwerp te praat, sê dr. Namwandi.

“Dit is nou die tyd om iets te begin doen, die tekort aan vaardighede te identifiseer en met opleiding van mense te begin.”

Intussen het hy ander korporatiewe instellings aangespoor om Standard Bank Namibia se voorbeeld te volg en in die gemeenskap te begin terugploeg.

“Ons praat van N$260 000 per jaar wat deur die projek in die 13 streke van die land teruggeploeg sal word.”

Volgens die Adjunkminister het die inisiatief net op die regte tyd gekom aangesien leerlinge, opvoeders en skole daardeur gemotiveer sal word om beter resultate te lewer.

“Die afgelope twee jaar was graad 10 en 12 resultate nie baie indrukwekkend nie, maar dit sal deur die inisiatief verander word,” het dr. Namwandi gesê.

Die doel van die Investing in Academic Excellence program is om die akademiese prestasie van graad 10 en 12 leerlinge by alle skole in Namibië te verbeter deur ’n beloning aan die top leerlinge en skole te voorsien.

Die geld is uitsluitlik vir die gebruik van die wenleerlinge se verdere onderrig en die skool van die algehele toppresteerder in elke streek sal ook elk ’n kontantprys ontvang. Die top leerling in graad 10 en graad 12 van elke streek sal N$4 000 ontvang, die tweede prys sal N$3 000 wees en die derde prys is N$2 000.

Die skool van die top graad 10 en graad 12 leerling sal ook elk N$1 000 ontvang. Die inisiatief word in samewerking met die Ministerie van Onderwys gedoen. Dit is Standard Bank Namibia se beleid om 1 persent van sy winste na belasting terug te ploeg in die gemeenskappe waarin die bank werk.

Vanjaar het die bank N$3,5 miljoen in die plaaslike gemeenskappe deur sy verskeie korporatiewe maatskaplike beleggingsprogramme belê. Die korporatiewe maatskaplike beleggingsbeleid het drie fokusgebiede, naamlik onderwys, entrepreneurskapontwikkeling en gesondheid en welstand van die gemeenskap.