25.07.2008

CHICA, ‘n afdeling van die Kankervereniging van Namibië wat op kinders konsentreer wat aan kanker ly, het onlangs ‘n baie welkome skenking van N$70 000 van die farmaseutiese onderneming GEKA-Pharma ontvang. Volgens me. Reinette Koegelenberg, hoof uitvoerende beampte van die Kankervereniging, is GEKA die amptelike borg van CHICA. “Sonder geld kan ons niks doen nie. Die vereniging is dus baie dankbaar vir die skenking en ondersteuning," het sy gesê. Sy meen die geld sal ‘n groot verskil in die lewens van kinder-kankerpasiënte maak. Op die foto verskyn van links mnr. Kobus Prins van GEKA, me. Sunette Burden en me. Reinette Koegelenberg, hoof uitvoerende beampte van die Kankervereniging, en mnr. Pieter Coetzee, me. Erma Muller en mnr. Willie van Wyk, al drie van GEKA.