17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

4.03.2010

‘Jan Alleman moet praat oor begroting’

© Republikein
Mnr. Klaus Schade
MET die nasionale begroting wat enige dag in die volgende twee weke bekendgemaak gaan word en gesien teen die agtergrond van die huidige ekonomiese omstandighede, is dit nodig vir die inwonersgemeenskap van Namibië om meer betrokke by die toedeling van begrotingsporsies te raak.

In die opsig het die Forum vir Nie-regeringsorganisasies (Nangof) die Instituut vir Openbare Beleidsnavorisng (IPPR) genader om gemeenskapsleiers oor die onderwerp in te lig. Met dit voor oë, het mnr. Klaus Schade, ’n onafhanklike eknomiese navorser, ’n voorlegging aangebied sodat die inligting onder die bevolking van die land versprei kan word.

Die doel van die inligtingsessie was om moontlike kommunikasiekanale tussen die Regering en die publiek te identifiseer en weë te vind om dit te gebruik om die toedeling van begrotingsporsies vir belangrike ontwikkelingsprojekte te beïnvloed.

Die beste weg vir Jan Alleman om raad aan die Regering te gee, is deur ’n forum soos Nangof terwyl die Regering op sy beurt die private sektor moet nader vir insae in die toedeling van begrotingsporsies.

Tydens die voorlegging het mnr. Schade ’n voorspelling oor die nasionale begroting gewaag en gesê die grootste uitdaging wat vir me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, die Minister van Finansies, voorlê, is om ’n gesonde balans tussen fiskale konserwatisme en die stimulering van ekonomiese groei en sosioëkonomiese ontwikkeling te vind.

“Meer as 52 persent van die Namibiese bevolking is werkloos en met nasionale inkomstebronne wat weens die internasionale finansiële krisis begin opdroog, het die Minister ’n reusetaak om toe te sien dat beleggings in werkskepping en armoedevermindering meer aandag geniet.”

Mnr. Schade is van mening dat belegging in werkskepping en die vermindering van armoede ’n stabiele inkomstebron in die nabye toekoms vir die staat sal skep en dat toedeling vir ontwikkelingsprojekte in die opsig aandag moet kry.

Die Minister van Finansies kan vanjaar verwag dat die diamantnywerheid geen korporatiewe inkomste kan lewer nie, maar dat tantieme wel ’n inkomstebron in die nywerheid kan bly.

Die Regering kan volgens die navorser vanjaar ’n groter inkomste uit veral die nuwe uraanmynontwikkeling verwag terwyl die inkomste uit die Suider-Afrikaanse Doeane-unie se poel met sowat N$3,1 miljard gaan krimp. Namibië kan ’n hoër inkomste uit uit- en invoerbelasting verwag en sprake van ’n ander inkomstebron uit omgewingsbelasting is nog nie gefinaliseer nie.

Me. Kuugongelwa-Amadhila het verlede jaar tydens haar begrotingstoepraak melding gemaak van die implementering van omgewingsbelasting. Volgens mnr. Schade sal ’n verhoging in nasionale besteding heelwat laer wees as wat die ekonomiese stand van sake in die volgende jaar kan wees.

Hy het ook voorspel dat inwoners van Namibië in die volgende boekjaar nie ’n verhoging in maatskaplike subsidies soos pensioene vir bejaardes kan verwag nie. Die navorser het voorts voorspel dat die begrotingstekort vanjaar veel wyer kan uitbrei, maar dat die stand van sake steeds binne beheerbare perke sal geskied.

Die Minister van Finansies sal die nasionale begroting moontlik aan die begin van aanstaande week of die week daarna aankondig. Onafhanklikheidsdag op 21 Maart is die keerdatum vir die aankondiging van die nasionale begroting.