Min geld = kreatiewe geskenke

Jy wil vir jou vriende en familie wys dat jy omgee, maar groot geskenke is net buite die kwessie, omdat jou beursie maar plat is. Maar moenie bekommerd wees nie. Daar is baie wat jy kan doen met min geld, ? bietjie moeite en baie verbeelding. Aan die einde van die dag mag dié goedjies meer waardeer word as duur geskenke, juis omdat dit tyd en aandag verg.
Maak ? geskenk:
• Gaan winkel toe en koop mooi krale waarmee jy ? halsnoer of oorbelle kan maak vir minder as N$15.
• Verf ? ou blompot met ? nuwe, helder kleur (klein blikkies verf kos om en by N$20) en koop ? klein plantjie of haal enetjie uit jou tuin uit.
• Maak ? spesiale kers. ? Pakkie wit kerse kos minder as N$6 en alle ander benodighede is reeds in jou huis (soos tou). Loer ? bietjie op die Internet vir meer inligting hieroor.
• Maak ? stel geskenkbewyse waarop jy tyd en inspanning as geskenk gee, soos bv:
- Versorging van jou diere wanneer jy met vakansie gaan;
- ? Halfuur masering;
- Bied aan om twee keer aandete te maak;
­- Doen vyf takies in en om die huis;
- Was die skottelgoed as dit nie jou beurt is nie.
• Koop ? houtraam en plaas jou gunstelling foto van ? ouer, broer of suster daarin. Verf of versier dit mooi.
• Tweedehandse winkels en markte het soms onvergelykbare winskopies. Gebruik bloot jou verbeelding. Jy kan uitstekende geskenke koop vir so min as N$15.
• Supermarkte en geskenkwinkels verkoop soms die mooiste glasbottels vir N$20 of N$30. Vul dit met skuimbad, gedroogte vrugte, lekkers of sjokolade.
• ? Mooi koffiebeker is altyd handig. Party winkels verkoop dit vir so min as N$10.

Kategorie: