17.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


16 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Suiderland 15 Mei

Kollig 10 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

17.03.2011

Watter beleggingsindeks is die beste?

IN die huidige omgewing van laer as verwagte opbrengs ná die węreldwye finansiële krisis, toon beleggers en adviseurs groter belangstelling in kostedoeltreffende indeksverwante beleggingsgeleenthede. “Dit is egter verbasend dat daar in Suid-Afrika sowel as Namibië nie baie meer belangstelling in indeksprodukte is nie, as in ag geneem word dat hierdie tipe produkte beter presteer het as die meeste aktief be stuurde produkte oor die afgelope drie jaar,” sę Paul Stewart en Pierre Mostert.

Daar is baie verskillende indeksopsies om van te kies: ALSI, SWIX, Top 40, Waarde, Groei, DIVI en RAFI. Oor die afgelope jaar tot 28 Februarie 2011 het die gemiddelde algemene aandele sektor in Suid-Afrika 3,3% swakker gevaar as die FTSE/JSE Indeks van Alle Aandele en oor die afgelope twee jaar 4,3% per jaar swakker presteer.

Die meeste SA fondsbestuurders voer aan dat die FTSE/ JSE Indeks van Alle Aandele se voorkeur vir groot dubbelgenoteerde kommoditeitsaandele onvanpas is en hierdie bespreking het aanleiding gegee tot die FTSE/JSE Aandelegeweegde Indeks (SWIX). Die SWIX ken kleiner gewigte aan die groot dubbelgenoteerde aandele op die JSE toe, sodat dit ’n beter voorbeeld van die werklike beleggingswęreld is en die meeste fondsbestuurders verkies dit nou as hul maatstaf.

Die gemiddelde opbrengs van die algemene aandelefonds sektor was steeds swakker as die SWIX, naamlik met 1,2% oor een jaar, 3,0% per jaar oor twee jaar en 0,5% per jaar oor drie jaar. Daar is wel verskeie aandelefondse wat hierdie indeks klop, maar dit is nie maklik om hierdie fondse konsekwent op ’n beplande grondslag te kies nie. ’ n B e l e g g i n g i n i n d e k s produkte beteken ook dat daar geen duur fondsbestuurder fooie en geen aktiewe beleggingsbesluitneming betrokke is nie. “Daar is egter indeksbeleggings wat selfs beter as die standaard soort vaar,” sę Stewart en Mostert.

“Alternatiewe” en “slim” indekse wat volgens bepaalde temas belę of in sommige gevalle intelligente DNS het, het in 2007 na die mark gekom. Hierdie “verbeterde” indekse het oor die afgelope drie jaar die verskille in opbrengs van indeksprodukte teenoor aktief bestuurde fondse nog verder vergroot. Volgens Stewart en Mostert het die bekendstelling van sogenaamde “smart beta”-aandele- indekse die afgelope paar jaar uiteindelik die toekoms van indeksbelegging vir langtermynkernaandelebeleggers beduidend verander.

“Hierdie indekse is daarop gemik om die voordele van tradisionele indeksering (laer k o s t e / o m s e t e n b l o o t s t e lling aan die mark in die geheel) te behou, maar vermy die slaggate wat eie is aan markkapitalisasie-indekse deur nie markkapitalisasie as die bepalende veranderlike te gebruik om gewigte aan maatskappye in die indeks toe te ken nie. Hierdie fundamentele indekse™ lewer beter risikoopbrengs- verhoudings en het węreldwyd baie gewild geword.

Meer as VSA$1 miljard per maand vloei tans na hierdie indekse.” In Suid-Afrika is twee fundamentele indeks-opsies beskikbaar. Die FTSE/JSE RAFIindeks het die gemiddelde algemene aandelefonds sowel as die Indeks van Alle Aandele oor die een-, twee- en driejaartydperk beduidend geklop.

Die Plexus eRAFI-indeks (wat onafhanklik deur Ris- Cura bereken word) het die beste algemene indeksprestasie gelewer en die gemiddelde opbrengs van die algemene aandele sektor oor een, twee en drie jaar met onderskeidelik 5%, 8,8% per jaar en 5,4% per jaar geklop. • Paul Stewart is die besturende direkteur van Plexus Batebestuur. Die Plexus groep is ’n onafhanklike beleggingshuis wat in beleggingskonsultasie en die bestuur van multibestuurder-beleggingsoplossing vir korporatiewe en individuele kliënte spesialiseer. • Pierre Mostert is ’n direkteur van Platinum Financial Solutions. Hierdie groep is ’n onafhanklike makelaarshuis wat hulle toespits op spesialis finansiële advies, welvaartskepping en beskerming.