Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 2 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Videonuus


Landskapkuns

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

18.06.2010

Vrye beweging in lande bepleit


Mnr. George Kunda
DIE 27ste voltallige vergadering van die SADC Parlementêre Forum het vroeër vandeesmaand met die tema “Na die Fasilitering van Vrye Beweging van Mense in SADC” in Livingstone, Zambië, plaasgevind.

Deur middel van die forum se portefeuljekomitees het die vergadering aangeleenthede rakende demokratiese wetgewing, die VN se Millennium Ontwikkelingsdoelwitte, die hervorming van die Interparlementêre Unie, die Pan-Afrika parlement en streekparlementêre instellings en die handel in vroue en kinders, bespreek.

Die status van Ekonomiese Vennootskapsooreenkomste is ook tydens die vergadering hersien. Die vergadering is deur die adjunkpresident van Zambië, mnr. George Kunda, geopen en in sy toespraak het hy die steun aan die vestiging van ’n SADC Streeksparlement van die gestorwe president Levy Mwanawasa van Zambië en president Robert Mugabe van Zimbabwe onderstreep.

Mnr. Kunda het ook die tema van die vergadering verwelkom en klem gelê op die belangrikheid van die vrye beweging van mense en goedere in die streek, aangesien dit belangrik is vir streeksintegrasie en intrastreekshandel.

Tydens die vergadering is ’n beroep op parlemente gedoen om hul regerings aan te moedig om die protokol te onderskryf oor die fasilitering van die vrye beweging van mense in die SADC-streek, wat reeds in 2005 deur staatshoofde aanvaar is.

Die onderskrywing van die protokol sal versterkte samewerking en streekintegrasie tot gevolg hê. Die vergadering het ook die voorgestelde hervorming van die Interparlementêre Unie verwelkom, om die liggaam meer effektief te maak in die uitvoering van sy mandaat as ’n wêreldwye parlementêre liggaam.

Met betrekking tot die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte en die doelwitte wat vir 2015 gestel is, het die vergadering daarop klem gelê dat regerings pogings moet verskerp om die doelwitte te haal.

Die lede van die SADC Parlementêre Forum het opgemerk dat ’n geslagswanbalans steeds onder parlementariërs bestaan waar vroue altyd in die minderheid is. Dit bied ’n uitdaging aan die haalbaarheid van 50/50 geslagsverteenwoordiging in politiek en in besluitnemingsposisies volgens die SADC Protokol oor Geslag en Ontwikkeling.

Die vergadering het aanbeveel dat meer pogings aangewend moet word om voorspraak in geslag in die strukture en prosesse van politieke partye in te bring. ’n Beroep is ook gedoen om die jeug te betrek in die belange en sake van die SADC-streek.

’n Versoek is gerig dat spesiale maatreëls getref moet word in die versekering van nasionale prosesse van parlemente met betrekking tot MIV/vigs in die streek.

Tydens die afsluiting van die vergadering is die volgende vergaderingsdatum van die 28ste voltallige vergadering van die SADC Parlementêre Forum nie bepaal nie. Dit sal binnekort bekendgemaak word.