Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 9 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Damara Lewende Museum

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

18.06.2010

Ratte rol vir terugkeer van Caprivi-vlugtelinge

© Republikein
Mnr. Leonard Mwilima
’n HERNUDE besoek word aan die Dukwe-vlugtelingkamp in Botswana beplan om bykans 1 000 Namibiërs wat vir langer as ’n dekade reeds hier woon, te oortuig dat die tyd vir hul terugkeer na die land ryp is.

Die meeste van die mense het in 1998 land uit gevlug midde veiligheidsmagte se eerste optrede teen ’n afstigtingsbeweging wat in Augustus 1999 misluk het. Pogings was destyds aangewend om sleutelinstellings van die sentrale regering op en rondom Katima Mulilo met geweld oor te neem.

Volgens mnr. Leonard Mwilima, goewerneur van die Caprivi-streek, is daar nuwe planne om direk met die 931 vlugtelinge in gesprek te tree. Verlede jaar het die Regering ouers van vlugtelinge na Botswana geneem om hul kinders te besoek.

“Verregaande aantygings” deur die Nasionale Menseregtevereniging (NSHR) dat daar opnuut planne is om vlugtelinge uit Botswana te ontvoer sodat hulle in Namibië vervolg kan word, ondermyn volgens die goewerneur goeie verhoudinge tussen Namibië, Botswana en die Verenigde Nasies (VN) se agentskap vir vlugtelinge, die UNHCR.

Mnr. Mwilima het verlede week se ontmoeting in Francistown tussen gesante van die drie rolspelers as “vrugbaar” bestempel. Hy wou nie uitwy oor spesifieke punte op die agenda nie, maar het bevestig dat beide regerings en die VN saamstem dat die Namibiërs gerepatrieer moet word.

“Al die partye sien geen rede hoekom ons moet voortgaan om vlugtelinge te bestuur nie,” sê die Caprivi se goewerneur.

“Die omgewing is gunstig vir repatriasie – niemand het enigiets om te vrees nie,” het mnr. Mwilima benadruk.

“Daar is geen rede om mense te vervolg nie.”

Namibië se Hoë Kommissaris in Botswana, mnr. Hadino Hishongwa, het in die plaaslike staatskoerant veel feller as mnr. Mwilima gereageer en die NSHR se mnr. Phil ya Nangoloh as ’n agent van rebelleleier Mishake Muyongo en die afstigtingsbeweging uitgekryt.

Volgens Botswana se Sunday Standard het mnr. Hishongwa die buurland in Francistown opnuut vir sy ondersteuning aan Namibië tydens die land se vryheidstryd geloof. Hy het verseker dat die plaaslike situasie stabiel is en dat Namibië daarom “die deure geopen het” vir die terugkeer van die Caprivi-vlugtelinge.

“Van hulle (die vlugtelinge) het vaardighede,” haal die Sunday Standard mnr. Hishongwa aan, “en is, terwyl ons praat, geïntegreer in die gemeenskap om tot die ekonomie van Namibië by te dra.”

Botswana se permanente sekretaris van verdediging, justisie en veiligheid, mnr. Augustine Makgonatsotlhe, het gesê sy land sukkel steeds met vlugtelinge wat die land se wette oortree – optrede wat mnr. Hishongwa veroordeel het.

Die NSHR redeneer dat aangesien sommige Capriviane reeds onder dwang na Namibië teruggebring is, dieselfde lot oorblywende inwoners van Dukwe te beurt kan val. Daar was in ’n stadium bykans 3 000 Namibiërs in die vlugtelingkamp.