Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 9 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Damara Lewende Museum

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

3.03.2010

Plaaslike Nissanhandelaars presteer in Suid-Afrika


Mnr. Ryan van Wyk (links) van Southern Motor Mecca op Mariental is as die beste verkoopsbestuurder van Nissan in 2009 in sy kategorie aangewys. Regs is die hoofbestuurder van verkope van NSA, mnr. Chris Schell.

PUPKEWITZ Nissan in Windhoek en Walvisbaai sowel as Southern Motor Mecca op Mariental het Namibië trots gemaak toe hulle uitsonderlik in Suid-Afrika presteer het tydens die Nissan Suid-Afrika (NSA) handelaarstoekennings in Johannesburg.

Pupkewitz Nissan Windhoek is by die prestige geleentheid bekroon as beste handelaar in die kategorie vir groot handelaars, tweede algeheel onder 123 handelaars asook die beste verkoopsprestasie vir nuwe voertuie in hul kategorie.

Die Walvisbaai-tak van Pupkewitz Nissan se diensbestuurder, mnr. Fanie du Toit, het erkenning gekry vir buitengewone diens en toewyding en is beloon met ’n spesiale toekenning. Southern Motor Mecca, die amptelike Nissan-handelaar op Mariental wat die suide van Namibië bedien, is ook vir sy verkoopsprestasies beloon.

Die verkoopsbestuurder van die handelaarskap, mnr. Ryan van Wyk, is vir die derde keer die afgelope paar jaar as beste verkoopsbestuurder in sy kategorie aangewys.