Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 2 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Videonuus


Landskapkuns

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

3.08.2010

Baie op spel by SADC-beraad

© Dani Booysen
Prof. John Makumbe van die Universiteit van Zimbabwe en mnr. Samson Ndeikwila van die Forum for the Future (FFF).

STREEKLEIERS sal aanhou om menseregtevergrype en ander dwingende kwessies in SADC dood te swyg as gewone burgers regerende elite nie oor die oogklapkultuur tot orde roep nie, sê professor John Makumbe van Zimbabwe.

Vandeesmaand se spitsberaad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Windhoek is volgens die uitgesproke politieke wetenskaplike die ideale geleentheid vir mense om staatshoofde liewer met plakkate en protesliedere as vreugdevolle danse op die sypaadjies van die Namibiese hoofstad in te wag.

Namibië se bekende prof. André du Pisani het Donderdagaand in ’n gespreksforum aangebied deur die Konrad Adenauer-stigting en Forum for the Future (FFF), saam met prof. Makumbe gestem dat die kwessie van Zimbabwe se voortgesette minagting van ’n bevel van die SADC-tribunaal om die regte van die buurland se blanke boere te herstel, waarskynlik vir ’n derde keer sonder enige ingryping in die doofpot sal beland.

Volgens prof. Du Pisani is daar egter verskeie ander, baie belangrike sake op die agenda. Behalwe vir strydpunte oor die inhoud van die Europese Unie (EU) se ekonomie se vennootskapsooreenkomste (EPA’s) met lidlande van SADC, sal die spitsberaad in Namibië ingevolge die Windhoekverklaring uit 2006 byvoorbeeld oor verhoudings met ontwikkelingsvennote in die algemeen standpunt moet inneem. Naas die uitstippel van ontwikkelingsplanne vir die streek sal ook die hervorming van SADC-organe en die voorstel om ’n streekparlement tot stand te bring, volgens prof. Du Pisani onder die loep kom.

Steun vanaf die vloer vir die Zimbabwiese eenheidsregering het teen kil kritiek deur prof. Makumbe vasgeloop. Hy het geweier om mnr. Robert Mugabe as enigiets anders as ’n “uitgaande president te bestempel.” “Die man het die verkiesing verloor,” het prof. Makumbe die gehoor herinner.

Volgens hom slaap mnr. Mugabe op sy ouderdom reeds meer as wat hy sit en is die outokraat nog net in sy amp danksy SADC. Omdat Zimbabwiese boere se regstryd ’n “etniese” kwessie is, beteken dit volgens prof. Makumbe nie dat die spitsberaad die saak moet aanhou ignoreer nie.

“Die grondkwessie in Zimbabwe is nie geïsoleerd nie,” het hy aangevoer. As ’n belangrike twisappel in verskeie lidlande hoort grondsake volgens prof. Makumbe saam met menseregte en voetsoolkwessies soos wanbesteding boaan die agenda. Selfs sake soos Swapo se martelkampe kan na sy mening eerder opgerakel word as om vas te steek by kwessies wat geen verskil in streekburgers se lot en lewens maak nie.

Volgens prof. Makumbe sal die SADCtribunaal ’n “sterwende” instelling en “nuttelose oefening” word as leiers onbereid bly om die streekhof se gesag met optrede te rugsteun.

In geval van ’n voortgesette gebrek aan ingryping, sal al uitweg volgens hom dalk wees om die kwessie na die Afrika-unie (AU) te neem – waar die kans op sukses selfs skraler is. Nóg SADC nóg die AU, glo prof. Makumbe, is meer mense-organisasies.

“Die prioriteite wat daar is, is nie die mense s’n nie. Dit is ’n grap.

“Waarvoor is nasies en regerings daar,” wou hy weet, “as hulle nie daar is vir die mense wat hulle moet lei nie?

“Ons is ons eie leiers,” het hy vermaan. “Ons sal uiteindelik vir onsself moet opstaan. Ons moet ons skouers teen die wiel sit.”

Prof. Makumbe het prof. Du Pisani se kierangkritiek dat hy dalk nie trots genoeg op en lojaal genoeg aan SADC is nie, verwerp.

“Ek het hoop vir die streek,” het die Zimbabwiese vuurvreter verseker. “Ek het hoop vir hierdie land (Namibië) en vir Zimbabwe. Ons kan ’n verskil maak.”

Sy antwoord op ’n vraag of Namibiërs dalk nog te verdraagsaam en vreedsaam is om hul regering werklik tot verantwoording te roep, was dat die lewe hier nog nie pynlik genoeg is nie.

“Die tyd kom nader,” het prof. Makumbe sy lyf egter voorspeller gehou.

“Julle sal reg agter Zimbabwe volg.” Iemand anders wou weet of die meeste lidlande van SADC nie bloot feodale state met demokratiese “versiersuiker” is nie.

Van die strooisuiker, het prof. Makumbe geantwoord, sien hy absoluut niks nie.

Volgens hom het voormalige bevrydingsbewegings maar net die demokratiese “spel” geleer waarin hulle hul eie mag in stand hou deur die opposisie in al kleiner partye te fragmenteer.

“Hulle (die partytjies) sal selfs met mekaar baklei vir die krummels wat van die tafel val,” het prof. Makumbe opgemerk.

“Dit is nie demokrasie nie. Ons moet weer na demokrasie gaan kyk,” het hy aangeraai.

Mnr. Samson Ndeikwila van die FFF het gesê burgerlike organisasies uit die streek sal op dieselfde tyd as SADC se staatshoofde in Windhoek vergader om belangrike kwessies vanaf die rand van die beraad op die voorgrond te probeer stoot.