Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 2 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Videonuus


Landskapkuns

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

26.10.2009

AU: sterk grense, goeie bure

IN ’n poging om moontlike probleme, spanning en krisisse oor lands- en seegrense in Afrika en veral Suider-Afrika te voorkom, is ’n slypskool deur die Afrika-unie (AU) in Windhoek vir SADC-lande aangebied om hulle van die AU se Grensprogram bewus te maak.

Verder het die plan ook ten doel om streek- en kontinentale integrasie te bevorder en om ’n Pan-Afrika kapasiteitsboumeganisme te ontwikkel wat fokus op navorsing en opleiding vir pragmatiese grensbestuur wat streekintegrasie bevorder.

Drie slypskole in die verband is reeds vir lande in Noord-, Oos- en Wes-Afrika aangebied en die slypskool in Windhoek vir lande in Suider-Afrika, wat Vrydag ten einde geloop het, is die laaste in die reeks.

In sy openingstoespraak het die Minister van Grond en Hervestiging, mnr. Alpheus !Naruseb, gesê die Namibiese regering onderskryf die doelwitte van die program.

“Die afbakening van hierdie grense moet gesien word as ’n administratiewe voordeel,” het die Minister gesê.

Minister !Naruseb het uitgewys dat grense net effektief kan funksioneer indien dit fisies afgebaken word.

Hy het die hoop uitgespreek dat met die afsluiting van die slypskool aanbevelings gemaak kan word rakende die aanspreek van oorgrens kriminele aktiwiteite, nuwe wyses van oorgrensbestuur wat daarop gemik is om vrede, sekuriteit en stabiliteit te verseker en om bystand te gee oor die effektiewe afbakening en instandhouding van internasionale grense in verskillende fisieke en menslike landskappe.