Heinrich Joubert van Sable Hill Safaris moes op die Bole Addis Abeba-lughawe in Ethiopië slaap. Foto Corinne van Wyk
Heinrich Joubert van Sable Hill Safaris moes op die Bole Addis Abeba-lughawe in Ethiopië slaap. Foto Corinne van Wyk

Lufthansa-staking laat Namibiërs gestrand in Addis

Op pad na jagskou in Salzburg
Die Duitse lugredery se tweede staking in Februarie raak ook passasiers na en van Namibië.
Francoise Steynberg
Namibiërs sit van Maandag af gestrand op die Bole Addis Abeba-lughawe in Ethiopië weens die Lufthansa-staking in Duitsland.

Eienaars van twee Namibiese jagmaatskappye Heinrich Joubert van Sable Hill Safaris en Corrine van Wyk van Beenbreck Hunting Adventures sou Sondagaand met Lufthansa se Eurowings Discover Airlines vanaf Windhoek se Hosea Kutako Internasionale Lughawe direk na Frankfurt in Duitsland vlieg.

Joubert en Van Wyk sou dan vanaf Frankfurt ‘n aansluitingsvlug na Salzburg, Oostenryk, haal waar hulle die Hohe Jagd & Fischerei-skou sal bywoon.

“Ons is van die Lufthansa-vlug afgehaal en het Maandagoggend via Johannesburg met ‘n Ethiopian Airlines-vlug na Addis Abeba gevlieg. Daarvandaan sou ons na Londen vlieg, maar ons het nie visums vir die Verenigde Koninkryk nie,” het Van Wyk telefonies vanuit Addis Abeba aan Republikein gesê.

"Ons paspoorte is afgeneem en ons moes op die lughawe slaap. Lufthansa het geweier om ons te vergoed en ons moes nuwe vliegkaartjies teen N$8 100 elk koop.”

Hulle sou vanoggend om 01:00 met Ethiopian Airlines na Wene in Oostenryk vlieg en vandaar ‘n trein na Salzburg neem waar hulle na verwagting eers vanmiddag sal aankom.

Boonop moet hulle nog hul stalletjies vir die jagskou begin bou wat môre begin en tot Sondag duur.

Grondpersoneel by die Duitse lugredery Lufthansa het gister by groot lughawens met hul tweede staking vandeesmaand begin.

Die eerste vlugte van Lufthansa is Maandagaand gekanselleer.

Die president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Axel Cramer, het aan Republikein gesê hy sou gisteraand met Eurowings Discover na Frankfurt vlieg, maar omdat die personeel vir gronddienste staak, kan hy nie na München vlieg nie.

"Ek moet vanaf Frankfurt per trein na München reis, waarna ek met 'n voertuig na Salzburg sal ry. Die Lufthansa-stakings is ‘n groot bekommernis," het hy gesê.

Meer as 100 000 passasiers sal deur die staking geraak word, wat volgens die lugredery tot vandag sal duur.

Lufthansa het gesê hy kan net 10% tot 20% van die geskeduleerde vlugte by die betrokke lughawens bedryf en wat dié van Frankfurt, München, Hamburg, Berlyn, Düsseldorf, Keulen en Stuttgart insluit.

’n Soortgelyke staking van die Duitse lugredery het die kansellasie van 900 uit 1 000 beplande vlugte aan die begin van Februarie veroorsaak en wat sowat 100 000 passasiers geraak het.

Toe was verteenwoordigers van die Namibiese jagsektor wat die grootste jagskou in Amerika van Safari Conference International (SCI) in Nashville, Tennesee, asook die Jagd & Hund-jagskou in Dortmund in Duitsland bygewoon het, gestrand op die Frankfurt-lughawe voordat hulle na Windhoek kon terugvlieg.

Op Eurowings Discover se webtuiste is ‘n kennisgewing aan passasiers dat al hul vlugte na verwagting vanaf gister weer soos geskeduleer sou funksioneer.

“Ons beveel egter aan dat jy jou huidige vlugstatus gereeld nagaan, aangesien aansluitingsvlugte van ander lugrederye na en vanaf Frankfurt deur die staking geraak kan word,” lui die kennisgewing.

LUGREIS BEREIK TOPPUNT IN 2023

In 2023 het die algehele aantal passasiers wat op internasionale, streeks- en binnelandse vlugte in Namibië geland en vertrek het, sy toppunt sedert 2019 bereik.

Dit is volgens Simonis Storm se Gasvryheidsverslag vir Januarie. Die totale aantal passasiers wat in Namibië aangekom het, was 514 533, terwyl die totale aantal vertrekke 499 398 passasiers was. Die meerderheid van hierdie passasiersverkeer is by Hosea Kutako Internasionale Lughawe (HKIA) aangeteken, gevolg deur die lughawens van Walvisbaai en Eros. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Empoli | Monza 0 vs 1 Frosinone | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Empoli | Monza 0 vs 1 Frosinone | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%