Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Romeine 1:14: “Ek staan onder ’n verpligting teenoor Grieke en nie-Grieke, teenoor ontwikkeldes en ongeleerdes...”
Charles Haddon Spurgeon, die beroemde Baptiste-prediker, het opgemerk dat as daar ’n enkele persoon in die afgeleë Siberië was wat nie die Verlosser liefhet nie en dit die gesamentlike pogings van alle gelowiges op aarde gekos het om daarheen te reis en by daardie individu te pleit om Jesus te aanvaar, dit al die passie, werk en koste werd sou wees.
Paulus sien homself as iemand wat dit aan alle mense skuld om die evangelie te verkondig. Baie van ons doen min om die goeie nuus te versprei. Hy het sy lewe daaraan gewy om die evangelie aan die heidene te verkondig. Elke mens, selfs die Jode as God se uitverkore volk, moes die evangelieboodskap hoor.
Iemand het eenkeer gevra hoekom sommige mense die evangelie herhaaldelik hoor, terwyl ander dit nog nooit gehoor het nie. Terwyl ons die Here daagliks dien deur ons woorde en dade, moet ons onsself ook afvra: wat meer kan ons doen om te verseker dat nog ’n persoon die evangelie vir die eerste keer hoor?
Here, gee my die ywer om u evangelie aktief met alle mense te deel, deur die krag van u Gees. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie