Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hosea 10:1: “Israel was ’n welige wingerdstok... Hoe meer vrugte hy gedra het, hoe beter is daar vir die altare gesorg.”
Ten spyte van God se teenwoordigheid, is die kerk, ironies genoeg, die plek waar ons dikwels erge sondes pleeg, onsself mislei en valse afgode dien.
Volgens Hosea is geloof vals wanneer mense voorgee dat hulle godsdienstig is. God het Israel met voorspoed geseën, maar hulle het valse afgode vereer in plaas van God. Geregtigheid het verdwyn toe hulle God se wet verwerp het (10:4). Daarom het God besluit om hulle valse sekuriteite te vernietig – hulle altare en plekke van aanbidding sou afgebreek word (10:2,8). Hulle koning sou soos dryfhout in ballingskap weggevoer word (10:7). Die valse god waarop hulle vertrou het, sou as buit geneem word. Die plekke van hulle aanbidding sal verlate soos ’n woestyn word.
Alhoewel ons dikwels van God se teenwoordigheid vermy is die vrugte in ons lewens sy genade. Jesus leer dat ons soos lote aan Hom, die wingerdstok geheg is. Enige goeie vrugte wat ons voortbring is deur sy krag in ons (Joh. 15).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie