Briewe
Briewe

Rugby-potpourri!

Mandy Rittmann
ROBBIE THOMPSON SKRYF:

Wat ʼn mallemeule, op en af van die NRU Ligas-uitslae, Derbies, Interhoër en sommer die lekkerte van “live”-rugby en ander aktiwiteite.

SKOLE- EN KLUBDERBIES

Wat ʼn skouspel! Dankie Facebook en NBC vir puik kykgenot en uitsendings. Ook ʼn pluimpie vir diegene wat die Facebookplasings maak. Dis vir ʼn leek soos ek, sommer lekker! Van die massa-dreunsang van WHS en WHK Gimmies, met Pro-Ed Academy en Walvisbaai Privaatskool het verlede naweek behoorlik vlamgevat.

Die Koedoebul het loshande die danskompetisie gewen en die “rockchick” op baskitaar sal vir Jonathan Rubain van Koortjies-faam behoorlik kan aanvat. Vir fanatiese ondersteuners, skole en klubs self, is ure en ure se voorbereiding ingesit en uitslae maak wel saak. Dis eintlik die waarde wat sulke sport- en kultuurgeleenthede bied en uitbring.

Om Jacky Bock, die afrigter in Maandag se Republikein aan te haal, seg hy “ons het ʼn goeie kultuur, tradisies en ʼn lang trotse geskiedenis. Dit moet op en van die veld eerbiedig word”.

Dit, volgens my, is die resep vir wat ons die verlede naweek oraloor Namibië ervaar het, wat sport en ander bogenoemde aktiwiteite betref.

Dit was tydens die Premier Liga-wedstryd tussen Simonis Storm Dolphin en Suburbs soos hulle alombekend staan. Die derby tussen die twee spanne het vir byna twee dekades die verbeelding aangegryp en is ook vir byna so lank onderbreek. Tog haal ek vir Deveroux Jansen, kaptein van Suburbs aan, “ons begin ʼn nuwe hoofstuk en is besig om te bou en kan ʼn paar seisoene duur voor Suburbs weer die krag van ouds is”. Eerlikheid en geen verskonings. By tye is ons baie gretig om spelers te kritiseer, maar selfs ons eie o.20’s moes verlede naweek die knie buig teen Kenia. ʼn Bitter pil, maar ons vat dit! Die ander derbies wat dekades aankom, is dié tussen Wanderers en United, Kudu en Grootfontein, ja nou onlangs. Falcon en Rehoboth wat al die jare toeskouers na velde laat stroom en juis die tradisies laat voortleef. Hou so aan julle, en ook Unam en Suburbs wat die Dominic Allies Trofee vervang het met die Pink Ribbon Derby.

EERSTE LIGA

Hier is dit die manne wat gemeenskapsrugby aan die gang hou. Die outjies wat skool verlaat, wat nie kontrakte kry nie, wat nie in premier liga-klubs instap nie, maar tog week na week spanne in die veld stoot. En is dit nie verstommend om te sien hoe savvy die klubs is met hulle marketing nie (oukei, premier liga ook).

Rams van Keetmanshoop speel hulle tuiswedstryde, ook byna ná twee dekades weer in Krönlein, Keetmanshoop, in die hart van Smarties. Daar was byna 300 toeskouers en Rams wen 25-12 teen Oranjemund. En Rams het nog twee tuiswedstryde oor. Dink net wat dit vir ons rugbymal-gemeenskappe beteken!

So ook Vipers, Nust, Ocean Swallows en Sparta speel al jare en suig aan die borg-agterspene. Maar laat ek nie hier uitwei nie. Die moederliggaam sal die manne laat suig, eendag!

SKEIDSREGTERS

Baie dankie, geluk en voorspoed met die initiatief wat die rugbykomitee van Windhoek Gymnasium geneem het, om die skeidsregters van ons land op te hef met die stigting van die Namibia Rugby Referee Academy.

Volgens die berig sal skeidsregters vergoeding ontvang en reis- en verblyftoelae kry. Hulle sal aanvanklik deur SARU beoordeel word, waarna plaaslike afrigters en skeidsregters gemodereer word. Skeidsregters-getalle neem af. Wêreldwyd. Soms ook dan die standaard wat sy eie sak probleme teweeg bring. Maar dankie en sterkte aan die refs!

BEMARKING

Hoede af vir klubs wat regtig waarde vir borge bied, nie net op die veld nie, maar gratis advertensie op sosiale media.

Die manne met die dik brille weet wat positiewe en soms negatiewe publisiteit beteken in rand en sent. Hulle kan uitwerk of jy kraanwater verkies of gebottelde water! Jip, cheers! Die uitleg, aanbieding en boodskappe het net soos op die rugbyvelde, verskuif na sosiale media en dis beslis ʼn vreugde om te lees en sien. Dis verblydend om te sien hoe borge week na week by kom en dus erkenning by die klubs kry. Dankie borge. Daar is nie so iets soos ʼn klein borg nie. Doen so voort klubs. Miskien kry ons ook ʼn borg vir die beste Digital Presence on a Preferred Platform! (DPPP) Trophy?

VROUERUGBY

Die spelers moet voorwaar ʼn pluimpie kry vir wat hulle vermag in ʼn baie ongelyke samelewing.

Maar weer eens gaan dit nie ongesiens verby nie. Ons sal in geheel ons siening en houding teenoor vrouesport moet verander. Dis nogal vreemd, selfs ironies dat slegs twee spanne uit Afrika al gekwalifiseer het vir die Olimpiese Spele in Parys, Frankryk, later vanjaar. Hulle is die Keniaanse mansspan en Suid-Afrika se Blits Bokkies. Gegewe in die konteks dat die Bokke die huidige wêreldkampioene is. Vir die vroue het Frankryk, Nieu-Seeland, Australië, Ierland, VSA, Brasilië, Kanada, Brittanje, Fiji en Japan gekwalifiseer.

Vir die mans het Frankryk, Nieu-Seeland, Argentinië, Fiji, Australië, Uruguay, VSA, Kenia, Samoa en Japan gekwalifiseer. Die finale twee plekke sal in Monaco bepaal word, tydens die Wêreldrugby Sewes Uitspeel-wedstryde wat vanjaar op 21-23 Junie sal plaasvind. Hulle is op sigself eers immers atlete.

SUB-UNIES

Hierdie onderwerp is ook taboe. Hoekom? Dis dalk die oplossing vir ons streekrugby. Ook meer hieroor later.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Empoli | Monza 0 vs 1 Frosinone | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Empoli | Monza 0 vs 1 Frosinone | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%