TER ILLUSTRASIE. FOTO UNSPLASH
TER ILLUSTRASIE. FOTO UNSPLASH

Tot 33%-bybetaling vir narkotiseurs

Mediese fondse verminder hospitaalvoordele
Narkotiese dienste word onafhanklik van chirurge en hospitale se rekeninge gelewer.
Henriette Lamprecht
Mediese fondse se vermindering van hospitaalvoordele vir verskeie prosedures beteken pasiënte sal tussen 25% en 33% uit hul eie sakke vir narkotiese dienste moet opdok.

Dit nadat lede van die Vereniging vir Narkotiseurs in Namibië (ASN) hul tariewe aangepas het in reaksie op mediese fondse se besluit om hospitaalvoordele te verminder.

Met ingang 1 Januarie is dié voordele met tot 33% oor 12 maande verminder, met van die fondse wat “’n beduidende verlaging en vermindering van voordele”, waaronder hospitaalbesoeke met verskaffers van gesondheidsdienste, gedeel het.

Die Vereniging van Namibiese Mediese Fondse (Namaf) het laat verlede jaar aangekondig dat 2023 se standaardtariewe tot ten minste die einde van die eerste kwartaal in 2024 – en moontlik langer – onveranderd sal bly. Lede van mediese fondse se bydraes is egter met tot 12% met ingang 1 Januarie verhoog.

Volgens Namaf is dit in ’n poging om normaliteit na die finansiële stand en volhoubaarheid van mediese fondse in Namibië te bring – wie se reserwes tans op 23,8% teenoor die verpligte 25% staan.

Gegewe die “ongekende finansiële druk” wat die finansieringsbedryf vir mediese fondse tans ervaar, het Namaf in Desember gesê die besluit is gevolglik geneem om die verhoging van die standaardtariewe op ys te plaas tot aan die einde van die eerste kwartaal in 2024. Dit sal onder meer die Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings in Namibië (Namfisa) tyd gee om ’n besluit te neem oor die versoeke van verskeie mediese fondse vir die verhoging van lede se maandelikse premies.

Die Namibiese Private Praktisynsforum (NPPF) het in reaksie hierop gesê die onveranderde standaardtariewe is in wese ’n verlaging van lede se voordele omdat fondse nie lede vir mediese inflasie sal vergoed nie.

Die ASN se president, dr. Jesse Mumba, het beklemtoon dat narkotiese dienste onafhanklik van chirurge en hospitale se rekeninge gelewer word.

“Pasiënte is persoonlik verantwoordelik vir die betaling van dié rekening omdat ons narkosepraktyk tans geen kontraktuele ooreenkomste met enige mediese fonds het nie,” het Mumba verduidelik.

Pasiënte kan eers ’n kwotasie vir narkotiese dienste aanvra voor die geskeduleerde operasie om ’n idee van die verwante koste te kry.

Mumba sê dié dienste is gebaseer op tyd en kosteberamings kan onderhewig wees aan veranderinge weens onvoorsiene omstandighede, asook onverwagte komplikasies wat kan lei tot ’n verandering in die duur van die prosedure.

Die rekening vir die betrokke dienste sal namens die pasiënt by die mediese fonds ingedien word. Wanneer laasgenoemde sy deel betaal het, word van pasiënte verwag om die uitstaande balans binne ’n redelike tyd te betaal wat deur die diensverskaffer bepaal word.

“Die ASN erken die belangrikheid van die verskaffing van deursigtige inligting aan pasiënte om duidelikheid te verseker oor die finansiële verantwoordelikhede wat met narkotiese dienste verband hou.”

Mumba het beklemtoon die ASN se lede bly verbind tot die hoogste standaarde van pasiëntesorg en erken daarom die noodsaaklikheid van regverdige vergoeding vir hul professionele dienste.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 12° | 29° Rundu: 5° | 27° Eenhana: 4° | 25° Oshakati: 5° | 23° Ruacana: 7° | 26° Tsumeb: 6° | 23° Otjiwarongo: 0° | 21° Omaruru: 1° | 19° Windhoek: - 1° | 17° Gobabis: - 1° | 15° Henties Bay: 10° | 17° Wind speed: 15km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:48, High tide: 14:10, Low Tide: 19:57, High tide: 02:00 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:46, High tide: 14:08, Low Tide: 19:55, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 16km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:46, High tide: 14:07, Low Tide: 19:55, High tide: 02:00 Rehoboth: - 1° | 15° Mariental: 2° | 15° Keetmanshoop: 4° | 14° Aranos: 1° | 15° Lüderitz: 11° | 16° Ariamsvlei: 5° | 14° Oranjemund: 9° | 16° Luanda: 21° | 24° Gaborone: 8° | 18° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 12° | 17° Maseru: 2° | 12° Antananarivo: 12° | 24° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 18° | 27° Windhoek: - 1° | 17° Cape Town: 12° | 13° Durban: 16° | 26° Johannesburg: 8° | 15° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 17° | 32° Harare: 15° | 27° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 852.22 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.22 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1484 | USD to ZAR 18.75 | USD to ZMW 25.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76704.26 Down -0.59% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1682.51 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13310.4 Down -0.02% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26922.76 Down -0.62% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.20/OZ DOWN -0.0072 | Copper US$ 4.60/lb DOWN -0.0057 | Zinc US$ 3 001.50/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 81.66/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 1 036.72/OZ UP +0.93% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 12° | 29° Rundu: 5° | 27° Eenhana: 4° | 25° Oshakati: 5° | 23° Ruacana: 7° | 26° Tsumeb: 6° | 23° Otjiwarongo: 0° | 21° Omaruru: 1° | 19° Windhoek: - 1° | 17° Gobabis: - 1° | 15° Henties Bay: 10° | 17° Wind speed: 15km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:48, High tide: 14:10, Low Tide: 19:57, High tide: 02:00 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:46, High tide: 14:08, Low Tide: 19:55, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 16km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:46, High tide: 14:07, Low Tide: 19:55, High tide: 02:00 Rehoboth: - 1° | 15° Mariental: 2° | 15° Keetmanshoop: 4° | 14° Aranos: 1° | 15° Lüderitz: 11° | 16° Ariamsvlei: 5° | 14° Oranjemund: 9° | 16° Luanda: 21° | 24° Gaborone: 8° | 18° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 12° | 17° Maseru: 2° | 12° Antananarivo: 12° | 24° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 18° | 27° Windhoek: - 1° | 17° Cape Town: 12° | 13° Durban: 16° | 26° Johannesburg: 8° | 15° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 17° | 32° Harare: 15° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 852.22 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.22 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1484 | USD to ZAR 18.75 | USD to ZMW 25.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76704.26 Down -0.59% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1682.51 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13310.4 Down -0.02% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26922.76 Down -0.62% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.20/OZ DOWN -0.0072 | Copper US$ 4.60/lb DOWN -0.0057 | Zinc US$ 3 001.50/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 81.66/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 1 036.72/OZ UP +0.93%