Troy-skietery: Boer se vrou stel hul kant
Regstappe word glo geneem
Justice for Animals het 'n veldtog van stapel gestuur onder die slagspreuk #JusticeForTroy.
In ’n uitgelekte WhatsApp-stemboodskap het die boer, wat na bewering verlede week die opgeleide spoorsnyhond Troy twee keer op sy plaas geskiet het, se vrou hul kant van die saak gestel.
Die beweerde skietvoorval het Dinsdag op die boer se plaas in die Grootfontein-omgewing plaasgevind nadat ’n groep vrywilligers, waarvan Troy en sy hanteerder deel was, die boer se grond betree het in ’n poging om gesteelde goedere op te spoor wat van ’n perdestalle in die omgewing gesteel is.
BOER SE KANT VAN SAAK
“Ons sukkel met diefstal en honde wat by ons jag. Ons moet elke oggend ons diere tel en ons huur wagte. Dit kos ons elke maand baie geld,” vertel die boer se vrou in die WhatsApp-stemboodskap, wat ook met Republikein gedeel is.
Sy verduidelik dat die groep wat die soektog uitgevoer het, hulle via WhatsApp probeer kontak het, maar hulle het dit glo nie ontvang nie en kon dus nie antwoord nie.
“Ons sou graag wou gehelp het as ons die boodskap gekry het,” lui die stemboodskap.
Die vrou vertel dat die melkman die mense met hul honde op die plaas gesien het. Die boer (haar man) het daarheen gejaag.
“Hy het afgejaag met die geweer soos oudergewoonte om almal dood te skiet.
“Die hond was aan ’n leiband. Die werker het vir hom [die hanteerder] gevra wat doen jy hier, maar hy het nie geantwoord nie. Hy het gestaan en ’n zol draai terwyl hulle vir hom vra wat doen hy hier. Hy [die boer] het nader gestap om vir hom ’n klap teen die kop te gee omdat hy arrogant is en nie wil antwoord nie en toe die hond hom wil byt, toe skiet hy die hond.”
In haar stemboodskap sê sy hulle is baie jammer. Hulle is ook lief vir honde, maar is nie bereid om die skade te betaal nie.
“Alles wat deur loop by ons, of dit nou ’n ongewenste tweebeending is en of dit nou ’n vierbeending is – alles by ons kry lood of kry die sambok,” het sy ook in die stemboodskap gesê.
REGSTAPPE
Volgens ’n plasing op ’n Facebookgroep wat ter ondersteuning van Troy gestig is, skryf Stefan Weydeman dat die senior staatsaanklaer verlede week ’n vergadering byeen geroep het.
Die verdagte, sy vrou en die ondersoekbeampte wat die boer glo ook tydens die voorval verlede Dinsdag met sy vuurwapen gedreig het, het volgens hom die vergadering bygewoon.
Weydeman het ook die vergadering bygewoon en het gister aan die koerant gesê dat dit wou voorkom asof hulle die kwessie daar wou uitsorteer en laat vaar.
Weydeman het egter bevestig dat hulle in die proses is om verdere regstappe teen die boer te neem.
“As jy dink ons is agter jou geld aan of tans ’n siviele eis aanmekaar plak, sit jy die ‘pot’ mis. Dit gee jou nog so bietjie meer tyd waar jy skarrel om skuiwe te maak om jou bates te beskerm soos wat jy tans desperaat besig is om te doen – jip ek weet van alles.
“So julle sal moet sterkstaan vir dit wat kom, want dit gaan nie aangenaam wees nie,” lui die plasing wat gisteroggend gedeel is.
TROY HERSTEL GOED
Troy, wie se been verlede week geamputeer moes word, sal na verwagting vandeesweek kan huis toe gaan.
Volgens Troy se eienaars herstel hy spoedig en is hulle en die veearts, dr. Theuns Laubscher, baie tevrede met sy vordering.
’n Video is ook met Republikein gedeel wat wys hoe Troy weer begin loop (skandeer die QR-kode).
Sedert die voorval het Troy se storie wyd aandag getrek op sosiale media onder die slagspreuk, #JusticeForTroy, wat deur die dierewelsynsorganisasie Justice for Animals begin is. Dit is dieselfde organisasie wat verlede jaar die #JusticeForDalton-veldtog van stapel gestuur het nadat ’n hond glo gevang en geëet is.
– [email protected]

Kommentaar